Troos op koue aande

Sewe eg Namibiese produkte
Tanja Bause
Tanja Bause – “Die rum is baie sag en eintlik te goed om met koeldrank te meng.

“Dis gemaak vir ’n koue wintersaand, voor ’n kaggel, met ’n sigaar.”

So sê Michael Weder van Naute Kristall, die eerste vervaardiger van jenewer in die land wat nou ook rum maak.

Naute Kristall is op die C12 onderweg na die Nautedam geleë.

NamRum is die derde produk in die onderneming se Nam-reeks. Die eerste een is ‘n jenewer genoem NamGin en is gevolg deur NamGlint.

“NamGlint is ’n gin-likeur. My ouma het altyd vir my boeties ’n tuisgemaakte likeur gegee wanneer hulle snags op Swakopmund by die ysterkaai gaan visvang het. Ek het op die ou resep afgekom en dit met gin vermeng. NamGlint is die resultaat,” het Michael gesê.

Volgens hom is daar wêreldwyd hernude belangstelling in rum, soos dit ‘n ruk terug met gin die geval was.

“Rum, net soos gin, is gevestigde drankies en ons verwag nie dat die belangstelling van korte duur sal wees nie. Dus het ek besluit om ’n Namibiese rum te maak.”

Die basis is molasse wat verfyn is met onder meer duiwelsklou om dit ‘n Namibiese geurtjie te gee.

“Die rum verouder al vir drie jaar in vatte. Dit is in Amerikaanse eikehoutvatte wat 'n vanieljegeur verleen, en Franse eikehoutfatte vir die houtgeur gestoor. Die afgelope nege maande het ons die smaak verfyn en afgerond, en nou is hy op die rakke.”

“Ons het ook die rum vir mense gegee om te proe en hulle moes dan vir A, B of C stem om hul gunsteling te bepaal. Dit is hoe ons die produk oor die nege maande afgerond het. Die insette van die gaste is belangrik, want op die ou einde is hulle die eindverbruikers.”

Michael en sy vrou, Katrin, het in 2014 Naute Kristall op die been gebring.

Dit nadat hulle in 2007 die Kristall Kellerei op Omaruru gekoop het. “Die vorige eienaar het wyn en grappa gemaak. Ons het die produkte verfyn en nuwes bygevoeg,” het Michael gesê.

Vandag maak hulle benewens die Nam-reeks ook Dandy van dadels, Matisa van turksvye en Granate van granate by Naute Kristall. Die wyn word steeds by die Kristall Kellerei vervaardig.

Gaste kan by Naute Kristall vir $50 al sewe produkte proe. Dié sopies word gekomplementeer deur onder meer kaas, sjokolade of dadels.

“Ons voer die NamGin en NamGlint al vir ‘n geruime tyd na Duitsland toe uit. Aan die begin van die jaar het ons ook vir die eerste keer NamGin na Amerika toe uitgevoer,” het Michael gesê.

Besoekers is welkom om by Naute Kristall die produkte te toets en ’n ligte ete te geniet.

“Kom stop hier en sê hello, eet iets en proe die 100% Namibiese produkte voordat jy verder na die Visrivier-canyon ry,” het Katrin gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!