Tronkmoord: Trio skuldig
Tronkmoord: Trio skuldig

Tronkmoord: Trio skuldig

Bewysstukke, nadoodse ondersoek en moordenaars se eie getuienis lewer deurslag.
Henriette Lamprecht
Regter Dinnah Usiku het drie gevangenes van die Windhoek-gevangenis aan die moord op 'n medegevangene skuldig bevind.

Hulle is daarvan aangekla dat hulle 'n medegevangene in 2012 met voorbedagte rade vermoor het na 'n liefdesverhouding skeefgeloop het.

In 'n uitspraak wat op 7 Februarie in die hoërhof gelewer is, is Herman Rukero, Benedictus Afrikaner en Maleachi Seibeb ook op klagte van dwarsboming van die gereg skuldig bevind.

Dit omdat hulle ander gevangenes gedreig het om te swyg oor die moord op Eddy Gomxob, so nie sou hulle aangerand word.

Regter Usiku het gesê daar bestaan geen redelike twyfel dat die beskuldigdes die misdade waarvan hulle aangekla is, gepleeg het nie.

Sy het ook Seibeb se weergawe dat hy die ander twee se aanval op die oorledene probeer keer het, verwerp.

“Die forensiese bewysstukke van dr. Simasiku Kabandje, wat die nadoodse ondersoek op Gomxob gedoen het, kom ooreen met die staatsgetuies se weergawes.

“Die dokter het bevind die beserings aan die oorledene se nek is deur 'n stomp voorwerp veroorsaak, wat ooreenstem met die getuies se weergawe dat hulle Seibeb gesien het waar hy aanhoudend op die oorledene se kop getrap het, terwyl hy op die vloer in die badkamer gelê het.

“Daar is geen twyfel dat hy kop in een mus met die ander twee was nie.

“Rukero en Afrikaner ontken nie dat hulle die oorledene gesteek het nie - dit is duidelik dat hulle dit verskeie kere gedoen het met die opset om hom dood te maak,” het Usiku gesê.

Gomxob is met twee skerpgemaakte ystervoorwerpe gesteek. Die nadoodse ondersoek het getoon dat een van die voorwerpe deur sy longslagaar gegaan het, wat moontlik sy dood veroorsaak het.

Boonop kon die houe teen sy kop tot swelling van die brein gelei het, wat ook sy dood kon veroorsaak.

Die regter het gesê bewyse is gelewer dat 'n homoseksuele verhouding met Afrikaner, Seibeb en Rukero bestaan het.

Boonop het dit aan die lig gekom dat Rukero steeds in 'n verhouding met Gomxob was ten tyde van sy dood, hoewel Rukero beweer het hy het dit beëindig en dat die oorledene dit nie wou aanvaar nie.

“Bewysstukke wat voor die hof gedien het, dui aan die seksuele verhoudings kon jaloesie teenoor Gomxob laat opvlam het, wat daartoe gelei het dat hulle hom vermoor het,” het die regter gesê.

“Die oorledene is deur Rukero na sy sel gelok onder die voorwendsel dat hulle 'n inkopielys moet opstel. Daarna het hulle na die badkamer gegaan, waarna Afrikaner hulle gevolg het en hy Rukero gevind het waar hy vir Gomxob aanval.

“Afrikaner het toe ook vir Gomxob begin aanval, sonder dat die oorledene hom enige aanleiding daartoe gegee het. Hy het erken dat hy die oorledene meer as een keer gesteek het.

“Rukero gee voor dat hy in selfverdediging opgetree het nadat Gomxob hom eerste geslaan het, maar sê terselfdertyd dat hy Gomxob kon oorweldig. Hy het egter steeds voortgegaan om hom verskeie kere met 'n skerp voorwerp te steek, al was hy nie meer in gevaar nie.

“Die nadoodse ondersoek dui aan dat die oorledene 11 keer in 'n kwesbare deel van die liggaam, sy borskas, gesteek is. Ander beserings is aan die oorledene se kop waargeneem. Hulle was roekeloos,” het die regter gesê.

Verder het sy gesê Seibeb se weergawe dat hy nie die oorledene aangeval het nie, kan nie waar wees nie. Onder die omstandighede word dit verwerp. Boonop is die drie beskuldigdes gesien waar hulle saam sit ná Gomxob se dood.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39%