Tronkmoord: trio gevonnis
Tronkmoord: trio gevonnis

Tronkmoord: trio gevonnis

Drie gevangenes wat vroeër vanjaar skuldig bevind is aan die moord op ’n medegevangene ná ’n liefdesintrige skeefgeloop het, is gister gevonnis.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - In ’n uitspraak wat gister in die hoërhof in Windhoek gelewer is, het regter Dinnah Usiku vir Herman Rukero (28), Benedictus Afrikaner (31) en Maleachi Seibeb (48) elk tot 26 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op ’n medegevangene, mnr. Eddy Gomxob (33).
Hulle is ook tot gevangenisstraf van drie jaar elk gevonnis vir ’n tweede klag van dwarsboming van die gereg. Die vonnis vir dié klag sal gelyktydig met die vonnis vir die moordklag uitgedien word en hulle sal dus 26 jaar agter tralies deurbring.
Usiku het verder beveel dat die wapens wat tydens die misdaad gebruik is, aan die staat verbeurd verklaar moet word en onmiddellik vernietig moet word.
Die regter het in haar uitspraak gesê daar was ’n verwagting dat die beskuldigdes gerehabiliteer kon word omdat hulle in aanhouding was, maar hulle het verder gegaan en ’n ernstige misdaad gepleeg terwyl hulle in die korrektiewe fasiliteit was.
“Die wreedheid van die aanval op die oorledene was barbaars om die minste te sê," het sy gesê. Regter Usiku het gesê die vereiste van genade in vonnisoplegging beteken nie dat die howe moet huiwer om swaar vonnisse op te lê wanneer omstandighede dit verg nie.
Regter Usiku het bevind al drie beskuldigdes was betrokke by die moord op Gomxob op 18 Januarie 2012.
Hy is in ’n badkamer in die korrektiewe fasiliteit met ’n skerp voorwerp gesteek. Drie getuies het gedurende die verhoor getuig dat hulle gesien het hoe Seibeb op Gomxob se kop getrap het nadat hy reeds met die skerp voorwerp gesteek is en op die vloer gelê het. Gomxob het as gevolg van ’n kopbesering en veelvuldige steekwonde aan sy borskas gesterf.
Die trio is ook skuldig bevind op ’n klag van dwarsboming van die gereg omdat hulle ná die moord elk hul mede-gevangenes gedreig het om nie oor die voorval te praat nie.
Tydens hul skuldigbevinding het regter Usiku gesê daar is bewyse gelewer dat Gomxob in ’n homoseksuele verhouding met Afrikaner, Seibeb én Rukero betrokke was.
Tydens die verhoor het dit ook aan die lig gekom dat Rukero steeds in ’n verhouding met die oorledene ten tyde van sy dood was, hoewel Rukero beweer het hy het dit beëindig en dat die oorledene dit nie wou aanvaar nie en glo aangehou het om hom te teister en te boelie.
“Die golf van misdade wat deur ons land vloei en die noodsaaklikheid om hierdie misdade doeltreffend te bestry, vereis dat ons howe die klem vanaf individualisering na afskrikking verskuif, veral waar ernstige oortredings binne korrektiewe fasiliteite gepleeg word waar oortreders hul rehabilitasieproses moet begin,” het Usiku gesê voordat sy die vonnis opgelê het.
Die staatsadvokaat me. Ethel Ndlovu het namens die staat opgetree. Rukero en Seibeb is deur hul prokureur, mnr. Mbanga Siyomunji, verteenwoordig terwyl mnr. Milton Engelbrecht Afrikaner se verdediging behartig het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!