Tronk toe met Oranjemund se Van Niekerks
Tronk toe met Oranjemund se Van Niekerks

Tronk toe met Oranjemund se Van Niekerks

Twee van die drie voormalige Oranjemunders wat beleggers uit miljoene gekul het, is gister tronkstraf opgelê.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Van Niekerk-egpaar wat 14 jaar gelede saam met 'n sakevennoot 'n piramideskema op Oranjemund bedryf en veral bejaardes uit hul geld geswendel het, gaan met tronkstraf boet.

Die 49-jarige Melanie van Niekerk is gister deur regter Alfred Siboleka in die hoërhof in Windhoek op 256 klagte van bedrog tot ses jaar tronkstraf gevonnis en haar man, Jeremia (53), tot vier jaar. Daarbewens is hulle ook op die ander 256 klagte teen hulle boetes van N$70 000 elk opgelê. Indien hulle dit nie kan betaal nie, word vier jaar se tronkstraf by hul vonnis gevoeg.

Hul destydse sakevennoot, Charles van Rensburg (48), is tot twee jaar tronkstraf op die bedrofklagte gevonnis. Dit is in geheel vir vyf jaar opgeskort mits hy nie in dié tyd aan bedrog of diefstal skuldig bevind word nie.

Hy het, net soos die Van Niekerks, 'n boete van N$70 000, alternatiewelik vier jaar tronkstraf, op die ander klagte gekry.

Die bedrog-trio van Oranjemund het van 2004 tot 2006 die onderneming West Coast Financial Aid (WCFA) vanuit die Van Niekerks se huis bedryf.

Dit was niks anders nie as 'n piramideskema waardeur beleggers sowat N$15 miljoen verloor het. N$7 miljoen daarvan kon deur die staat bewys word.

Van Rensburg en Jeremia van Niekerk het elkeen 'n 50%-aandeel in die onderneming gehad en Melanie van Niekerk was die hoofbeampte van WCFA.

Dié drie is vroeër vanjaar deur Siboleka op altesaam 512 klagte skuldig bevind. Daarvan was 256 vir bedrog, alternatiewelik diefstal, 255 was vir klagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Bankinstellings van 1998 en een was vir die oortreding van die Wet op Beslote Korporasies van 1998.

Die Van Niekerks en Van Rensburg het kontantdeposito's van lede van die publiek gewerf met die belofte van buitengewoon hoë opbrengste van tussen 7% en 15% per maand. Die beleggers is meegedeel die geld wat hulle belê het, word gegee aan mense wat geld by WCFA leen, en dat hulle 'n opbrengs op hul belegging sal ontvang uit rente op dié lenings.

Die onderneming was nie 'n gelisensieerde bankinstelling nie.

Siboleka het gesê die drie beskuldigdes se piramide-belegging­skema is noukeurig beplan.

“Die publiek is bedrieg en het reuseverliese gely. Die oortredings is ernstig en hulle moet daarvoor gestraf word,” het hy gesê.

Die Van Niekerks, wat deesdae op Walvisbaai woon, het 'n 29-jarige outistiese seun wat by hulle in die huis woon.

Van Rensburg is 'n bestuurder by 'n vervoeronderneming op Okahandja. Siboleka het daarop gewys dat, anders as in die geval van die Van Niekerks, daar nooit direkte inbetalings van beleggersgeld in Van der Merwe se bankrekening gemaak is nie.

Hy het egter bevind dat hulle met 'n gemeenskaplike doel en as 'n span die onderneming saam bedryf het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!