Trofee wink vir Gimmies en Walvis
Trofee wink vir Gimmies en Walvis

Trofee wink vir Gimmies en Walvis

Skolerugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Twee afgeronde spanne met baie motivering pak mekaar môre in die eind­stryd van die Momentum onder 19 Superliga.

Gaan Ricoh Windhoek Gimnasium sy derde titel in vier jaar as die nasionale kampioenspan verower, of sal dit Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoër­skool wees wat sal feesvier oor 'n seldsame triomf, nadat die kusspan reeds lang jare sedert 2002 vir dié kans wag.

Laas naweek se semifinale was vir beide kliphard en môre sal opnuut geen genade gegee of gevra word nie. Franco Opperman se Gimmies het hul hande vol gehad om die aanslag van JCC/KMC Windhoek Affies af te weer, voordat 'n keerpunt laat in die wedstryd gekom het en Gimnasium met 48-32 weggehardloop het.

Losskakel Denzo Bruwer se skopvoet en algemene spel is een van Gimnasium se giftigste wapens. Hy is in staat om die bal vanaf enige plek binne sy eie tienmeterlyn deur die pale te stuur, maar sy breekslae en verspreiding kan ewe deurslaggewend wees.

Vir Walvisbaai sal laas naweek se oorwinning oor die verdedigende kampioen Samsung WHS nog lank onthou word.

Die kusspan het in elke faset sy man gestaan en hoewel laas naweek se terugveg in die tweede helfte gewis groot moeite geverg het, sal daar opnuut hoë verwagtinge wees dat die Naartjies môre met iets soortgelyks vorendag moet kom.

Die Walvisbaaiers se twee stutte Ethan Thiart en Patrick Schickerling kan beswaarlik misgekyk word, maar onderskatte spelers soos losskakel Juvan Pitout en hul haastige en ondernemende snellers was ewe invloedryk laas naweek teen WHS.



Die spanne vir die o.19 ­Superliga-eindstryd is:

Ricoh Windhoek Gimnasium eerste span: 15 Ruben Lambrechts, 14 Morgan Esterhuizen, 13 Nico Horn, 12 Chrischen Olivier, 11 Rudi Pretorius, 10 Denzo Bruwer (o.kapt), 9 Tertius Lambrechts, 8 Franco Opperman (kapt), 7 Roaldo Rittmann, 6 Morné Meyer, 5 Juan Hoffman, 4 Armand Kotze, 3 Gerhard Opperman, 2 Louw Steenkamp, 1 Adriaan Vermeulen.

Reserwes: Zane Feris, Riyaruka Maurihungirire, Jürgen Schmidt, Michael Thuynsma, Karl Jacobie, Serio Mathias, Lyle Beukes, Jay Cee Steenkamp. Afrigters: Mnre. Jaco Engels, Abri Myburgh en Nico Horn.

Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoërskool eerste span: 15 Ashwin Mukwiilongo, 14 Tyron Pietersen, 13 Darryl Wellman, 12 Randall Maasdorp, 11 Bryan Gordon, 10 Juvan Pitout, 9 Devon Langenhoven, 8 Wynand Breytenbach (kapt), 7 Utomuini Morangi, 6 Gilad Plaatjies, 5 Victor van der Watt, 4 Bjorn Leo Asmundsson, 3 Patrick Schickerling, 2 Barren van Es, 1 Ethan Thiart.

Reserwes: Damian Mouton, Clinton Langenhoven, Brand Davids, John Faul, Hugo van Schalkwyk. Afrigters: Mnre. Henjan van der Hyde en Callie van Wyk.

• Die Steers onder 13 Superliga-eindstryd is die hoogtepunt van die rugbyseisoen vir laerskole, waarin twee opwindende spanne van pionierspark en Walvisbaai mekaar die stryd sal aansê.

Pionierspark o.13: 15 Sean Smith, 14 Kyle du Plessis, 13 JP Britz, 12 Jaco Basson, 11 Willem Haraseb, 10 Lazz-Will Williams, 9 Armand Kotze (kapt), 8 Americo Besser (o.kapt), 7 Damien Mouton, 6 Marco Augustyn, 5 Pedrie Lambert, 4 Jandre Nienaber, 3 Jayden van Zyl, 2 Basson Theron, 1 Herman Coetzee.

Reserwes: JJ Rose, Diaan Liebenberg, Ritja Katjivikua, Melvin Alcock, Ryan Smith, Zander Burger, Louiso Spiegel. Afrigters: Mnre. Ari Psarrakis en Pieter Enslin.

Walvisbaai Privaat Hoër­skool onder 13: 15 Rewaldo Diergaardt, 14 Herman Krauze, 13 Louw Rossouw, 12 Jurenzo Julius (o.kapt), 11 Ian Steyn, 10 Dylan Saunders, 9 Graham Cilliers, 8 Jan-André Schullenbach, 7 Zander Everson, 6 Xavier Mouton, 5 Gus Wainwright, 4 Louis van Niekerk, 3 Hugo Schoombee, 2 Bron Jansen (kapt), 1 Matthew Quinn

Reserwes: Cruzzito Noble, JD Rossouw, Keanu Polster, Willie Els. Afrigter: Mnr. Phillip van Niekerk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!