Trofee sonder skoot

’n Nuwe maatskappy span ontwerp en hoëvlaktegnologie ingenieurswese in om wild te bewaar.
Augetto Graig
Augetto Graig - Om ’n trofee huis toe te neem, is dikwels sterk aansporing vir ’n bietjie avontuur, en die moontlikheid van avontuur is volop in Namibië.

Omdat die omgewing onder druk verkeer, het ’n nuwe maatskappy met ’n oplossing vorendag gekom.

Mnre. Johan Vollmer en Kris Pate het Smart Hunt gestig, wat Namibiese ontwerpers inspan wat in unieke dekor en lewensgrootte modelle van diere, trofeë en lampskerms spesialiseer.

Vollmer sê hulle maak gebruik van ’n ontwerpstelsel wat digitale rekenaartegnologie inspan om modelle te skep wat kliënte self by die huis aanmekaar kan sit.

“Pas die parte in mekaar en jy hoef niks dood te maak om ’n trofee teen jou muur te hê nie. Dit is ’n eerste vir Namibië. Dis maklik om aanmekaar te sit en in seker opsigte is dit groter as lewensgroot, met die voordeel dat dit help om ons wild te bewaar,” sê hy.

Modelle van verskeie diersoorte, van seekoeie tot vlakvarke, word van plaaslike, herwonne hout gemaak.

Die stelsel laat geen ruimte vir foute nie en vir die montering het jy geen skroewe, spykers of gom nodig nie, sê Vollmer.

“Jy kan dit vernis of laat tint of net so los. Dit neem maar 20 minute om aanmekaar te sit,” sê hy.

“Ons doen ook afbeeldings op deure. Daarvoor maak en ontwerp ons self die deure,” sê hy.

“Ons kan enigiets daarop sit. Ons is die enigste maatskappy wat hierdie ontwerpe vervaardig en ons hoop om werkskepping daardeur te bevorder,” sê hy.

Ses Namibiërs is reeds werknemers van die maatskappy.

Smart Hunt maak ook sy eie verpakking en die ontwerp van die kartondoos maak voorsiening vir lang afstande wat na ’n bestemming vervoer moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!