• Tuisblad
  • Sport
  • Tristan wys hy is Afrika-tierkat; silwer vir Miller
Tristan wys hy is Afrika-tierkat; silwer vir Miller
Tristan wys hy is Afrika-tierkat; silwer vir Miller

Tristan wys hy is Afrika-tierkat; silwer vir Miller

'n Val om die eerste draai kon nie vir Tristan de Lange van die goue medalje weghou nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Namibië het sy eerste goue en silwermedalje van die Afrika-spele in Marokko ingepalm, te danke aan die bergfietsryers Tristan de Lange en Alex Miller in die veld­resies.

Dié twee het gister deurgaans aan die voorpunt gejaag, maar ná twee rondtes saam het De Lange weggebreek om uiteindelik sowat 45 sekondes voor Miller klaar te maak. Hul tydverskil voor die volgende ryer was meer as vier minute.

Met elf lande se ryers in die resies oor sewe rondes (totaal 35 km), het dit vir 'n lang tyd gelyk asof Namibië eerste, tweede en derde kon klaarmaak, want Xavier Papo het ook sterk meegeding vir die bronsmedalje voordat hy uiteindelik deur 'n Tunisiër, Maher Habouria, verbygesteek is en vierde klaargemaak het.

De Lange se prestasie is selfs meer indrukwekkend wanneer in ag geneem word dat hy reeds om die eerste draai saam met ander jaers in 'n val betrokke was.

Hy het gelukkig nie baie tyd verloor nie, maar moes wel van naby die agterste helfte terugveg – wat hy voor die einde van die eerste ronde reggekry het. Hy is ook nie ernstig beseer nie, hoewel hy met 'n verband om sy voorarm sy goue medalje op die podium gaan ontvang het.

Die 22-jarige De Lange se twee­stryd met die jonger Miller (18) is gewis 'n opwindende vooruitsig vir Namibiërs om te aanskou. Miller het in April vanjaar die bronsmedalje by die Afrika-kampioenskap in Windhoek verower en het sodoende vir die land 'n enkele plek na volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio verseker.

Die nasionale afrigter, Hans du Toit, sê: “Twee medaljes vir Namibiese fietsry – dis hoekom ons hier is. Ons is baie tevrede met die vertoning en sien uit na Vrydag se marathon-bergfietsresies, waar ons dieselfde vier ryers sal inspan (Danzel de Koe was gister 13de).

“Xavier se voortdurende verbetering is ook baie verblydend.”

De Lange sê: “Vir my persoonlik is hierdie 'n groot oorwinning. My jaar sover was nie van die beste nie, met verskeie terugslae en gesondheidskwessies, maar my harde werk het vrugte afgewerp en ek is verheug om weer terug op dreef te wees.”

Volgens hom het die Namibiërs nie vooraf geweet hoe sterk die kompetisie sou wees nie, maar was nietemin vol vertroue in hul medaljekanse.

“Kort ná die wegspring was daar 'n skerp draai na links. 'n Ander ryer het my van die kant af getref en ek het neergeploeg.

“Ek was amper heel agter, maar ek het elke opening gebruik om die gaping na die voorlopers in te haal. Dit het darem gewerk.”

“My spanmaats het uitstekend gery en ons is baie bly oor hoe dinge uitgewerk het. Ek is bly om die goud terug na Namibië te kan bring.”

Die Namibiese padfietsspan in die tydtoets en padresies is eers volgende week in aksie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.31/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 806.00/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.78/BBP DOWN -0.0063 | Platinum US$ 903.99/OZ DOWN -0.0065 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.31/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 806.00/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.78/BBP DOWN -0.0063 | Platinum US$ 903.99/OZ DOWN -0.0065