Tristan slaan hard terug in Olimpiese stryd

Die tafel is gedek vir 'n stryd soos min tussen Tristan de Lange en Alex Miller by komende naweek se nasionale kampioenskap.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Tristan de Lange het die pap dik aangemaak om Saterdag 'n belangrike oorwinning te behaal in die Olimpiese wedloop tussen hom en Alex Miller as die land se verteenwoordiger in bergfietsry by die Tokio-spele volgende jaar.

Twee naweke tevore in die eerste byeenkoms van die Nedbank Rock & Rut-reeks was daar deurgaans min te kies, totdat De Lange in die finale lopie eindstreep toe die knie teen Miller moes buig.

De Lange (Team Danste) het egter gewaarsku dat hy sy les geleer het om nie weer sy eindpoging so laat te los nie en Saterdag in resies nr. 2 by Farm Windhoek het hy van die begin af 'n hoë tempo gehandhaaf.

Dit het vrugte afgewerp toe hy tydens baanrondte 3 (uit ses) daarin kon slaag om Miller (Mannie's Bike Mecca) af te skud. Die jonger uitdager kon nie die pas volhou of die agterstand inhaal nie en het uiteindelik met meer as 'n minuut verskil in die tweede posisie klaargemaak.

Met hierdie uitslag is die tafel behoorlik gedek vir komende naweek se nasionale veldresieskampioen­skap, ook geborg deur Nedbank, wat by dieselfde terrein beslis sal word.

De Lange, wenner van die goue medalje by laas jaar se Afrika-spele in Marokko, het agterna gesê sy strategie was van die begin af duidelik.

“Ek was aangedryf deur die honger om sake reg te stel ná die vorige uitslag. Ek het met oop kaarte weggespring om van vroeg af die pap dik aan te maak en te sien waartoe dit lei.”

De Lange sê hy het tydens die eerste twee harde rondtes sake deurgekyk en het in die derde baanrondte 'n tweede asem gevind om die pas nog meer te versnel en die deurslaggewende gaping te skep.

“As jy die resies vergelyk met Wêreldbeker-byeenkomste oorsee – daar is geen ruskans in enige stadium nie. Jou hartritme is 180 per minuut van die begin tot die einde en dit was my taktiek. Dit is wat in die Olimpiese Spele vereis sal word of as jy oorsee mededingend wil wees – om so diep te grawe as wat jy kan, vir so lank as wat jy kan.

“Dis wat ek vandag gedoen het en ek glo elke resies behoort so te wees. Dit het vandag vrugte afgewerp.”

Soos altyd was De Lange en Miller agterna heel respekvol teenoor mekaar en het uitgewys dat dit elke keer 'n voorreg is om kragte te meet.

“Dis altyd opwindend, want ons vertonings is gewoonlik bykans identies. Ons onderlinge kompetisie is beslis goed vir bergfietsry in Namibië en stel die voorbeeld vir die jonger ryers om harder te ry en dieper te grawe,” het De Lange gesê.

Miller wou nie verskonings voorhou nie en het bloot beklemtoon dat hy na dese meer uitsien na die volgende groot kans – komende naweek se nasionale kampioenskap waarin hy die heersende titelhouer is.

“'n Mens moet maar net die afdae in berekening hou; dis alles deel van die sport. Die wedloop vir die Olimpiese posisie het maar nog pas begin en ek sien uit na die oorblywende resiese.”

Op sosiale media het hy verklaar: “Dit was 'n harde dag met die silinders wat nie soos gewoonlik wou reageer nie. Hou in gedagte dis die sukkeltye wat die latere oorwinnings soeter maak.”

Xavier Papo (1 uur 50 minute) was derde ná De Lange (1:32:15) en Miller (Team Hollard, 1:33:26), terwyl Heinrich Köhne (Cycledelic) as die enigste ander elite mansryer tydens sy derde rondte moes tou opgooi.



VORSTER SEIL VOORT

Michelle Vorster (Davin Sporttrust) het dit twee uit twee in die resies vir elite vroue gemaak.

As enigste aanspraakmaker om die land by die Olimpiese Spele volgende jaar in Japan te verteenwoordig, was Vorster weer in 'n wedren teen haarself aan die voorpunt.

Haar grootste uitdaging was om stelselmatig haar selfvertroue weer ten volle op te bou ná die maande van herstel van beserings in 'n ernstige botsing met 'n motoris in April verlede jaar.

“Ek gaan nie jok nie; dit het 'n tydjie geneem om my selfvertroue terug te kry. Tydens die inperking en oor die afgelope weke het ek gefokus om aan tegniese aspekte van my resies te werk.

“As 'n toetslopie voor die nasionale kampioenskap het dit vandag goed gegaan. Die roete was meer uitdagend opgestel as die vorige keer se losmaker ná die hoktyd. Ek geniet die meer tegniese uitdagings, as daar spronge, klipperige dele en draaie is. Ek voel reg vir volgende naweek.”

In die vroueresies het Courtney Liebenberg drie rondtes voltooi voordat sy 'n harde val beleef het. Met 'n vermoedelik beenbesering het dit 'n tyd geneem vir die teenwoordige noodhulppersoneel en mederyers om haar te bereik en na die ambulans te help.

Vorster het die vier rondtes in een uur 14 minute 40 sekondes voltooi en is gevolg deur Steffanie Grossmann (1:25:42), met Michelle Döman derde (1:26:49).

• Ander kategoriewenners was:

Junior mans: Bergran Jensen.

Junior vroue: Monique du Plessis.

Subveteraan mans: Christo Swartz.

Subveteraan vroue: Benita Kasch.

Veteraan mans: Hans du Toit.

Veteraan vroue: Marion Schonecke.

Meestersmans: Nick du Plessis.

Veteraanvroue: Antje Tietz.

Grootmeestersmans: Roland Graf.

Grootmeestersvroue: Elke Jagau.

Rhino-mans (90 kg en meer): Fana Lambert.

Marathon-mans: Louis Peens.

Marathon-vroue: Jean-Marie Mostert.

e-bikes: Billy Heigan.

Seuns 15-16: Daniel Hahn.

Meisies 15-16: Danika Wiese.

Seuns 13-14: Roger Suren.

Meisies 13-14: Delsia van Vuuren.

Seuns 11-12: Marco Thiel.

Meisies 11-12: Rosemarie Thiel.

Seuns o.10: Micah Chase.

Meisies o.10: Anne Cramer.

Seuns o.8: Cody Heigan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36%