Triënnale: wenners bekend

23 April 2021 | Kuns en vermaak
Met 'n bultende 491 inskrywings, insluitend 233 van kunstenaars buite Windhoek is, is die 2020 Bank Windhoek triënnale groter en beter as ooit tevore.

Die toekenningseremonie en amp­telike opening het gister om 16:00 plaasgevind. Dit sal Namibië se eerste aanlyntriënnale wees, met 'n aanlynuitstalling en winkel op die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) se webwerf (www.nagn.org.na).

“Dit is ook die eerste triënnale wat 'n wêreldwye gesprek oor visuele kuns deur virtuele platforms en 'n e-katalogus gaan voer,” sê me. Snobia Kaputu, die NAGN se uitvoerende hoof. Vanjaar se inskrywings het sterk konsepte met uitsonderlike tegnieke, sê sy.

“Daar is baie diversiteit onder die inskrywings – van die meer tradisionele akrielvorme op doek, olieverf en beeldhouwerke, tot meer innoverende benaderings soos pointillisme en die kombinering van verskeie metodes om 'n samehangende konsep te skep,” sê sy.

Die amptelike opening van die triënnale is regstreeks op die NAGN se Facebook-blad uitgesaai en die kunswerke sal in die NAGN-galerye uitgestal word. Die publiek is welkom om hierdie uitstalling gratis vanaf vandag tot 31 Julie te besoek. Alle kunsverkope is ten bate van die kunstenaars.

Tydens die seremonie is spesiaal hulde gebring aan wyle Paul Kiddo vir sy groot bydrae tot die Namibiese kunslandskap.



BEOORDELAARS

Die beoordelaarspaneel bestaan uit gesoute kunstenaars, kunshistorici en kunsdosente en word deur die NAGN se twee senior kurators gefasiliteer.

Die beoordelaars se reusetaak was om noukeurig deur die 491 inskrywings te werk, waaruit 152 kunswerke uiteindelik vir die uitstalling gekies is. Hulle moes ook wenners in agt kategorieë kies, wat die beoordelaars tydens die opening en toekenningseremonie bekendgemaak het.

Die beoordelaars was die voormalige direkteur van die NAGN (2005 tot 2011), mnr. Josef Madisia; die ontwikkelaar van die Universiteit van Namibië se visuele kultuurkursus, me. Margo Timm Forster; die Kollege van die Kunste (Cota)-dosent, mnr. Peter Kewowo; Unam se lektor vir tekstiel- en modestudies, me. Loini Iizyenda; en die voormalige kunsdirekteur in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Ervast Mtota.



PRYSE OP DIE SPEL

Die triënnale bestaan uit agt toekenningskategorieë.

Die algehele wenner ontvang 'n Bank Windhoek-kontantprys en internasionale verblyf wat deur die NAGN geborg word vir die 2021-'22-boekjaar.

Al die wenners ontvang kontantpryse, trofeë en almal wat aan die uitstalling deelneem, kry 'n sertifikaat.

Al die wenners sal baat by 'n mentorskapprogram by die NAGN, met 'n groepuitstalling vir al die wenners. Hulle sal die taak hê om hul vaardighede en kennis as wenners deur middel van slypskole te deel.



DIE WENNERS

Driedimensionele kuns: Saima Iita

Tweedimensionele kuns: Ismael Shivute

Nuwe media: Gideon Megameno Kashile

Kontemporêre kuns (voorheen Kunsvlyt): Anastacia Karenga

Tekstielkuns: Ina Maria Shikongo

Beste nuweling: Joe Kapena

Lewenslange prestasies: Peter Mwahalukange en Cathy McRoberts

Algehele wenner: Saima Iita

Soortgelyk

 

Ses sterftes, 177 nuwe gevalle

13 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar skuif met ses - vyf in Windhoek en een in Keetmanshoop -...

341 nuwe gevalle, een sterfte

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir die land staan op 683 ná die dood van 'n 52-jarige man van die Okakarara-distrik. Vandag is 341 nuwe gevalle aangemeld...

Britse miljardêr hoor Dinsdag oor borgtog

2 dae gelede | Howe

Mnr. Harvey Eric Boulter (51, foto), die Britse miljardêr en plaaseienaar van Kamanjab wat vandeesweek in die landdroshof op Outjo om borgtog aangesoek gedoen het,...

NBC-staking duur voort, 74 werknemers terug in die tuig...

2 dae gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug.Die voorsitter van...

Sinopharm deur WHO vir noodgebruik goedgekeur

2 dae gelede | Gesondheid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die Sinopharm-entstof teen Covid-19 vandag vir noodgebruik goedgekeur. Die enstof wat saam met Covishield/AstraZeneca in Namibië in die land se immuniseringsveldtog...

Sewe toets positief by NIP-laboratorium

2 dae gelede | Gesondheid

Sewe mense het positief vir Covid-19 by die Nasionale Insitituut vir Patologie (NIP) se laboratorium in Windhoek getoets wat by die instituut se hoofkantoor geleë...

8 sterftes, 92 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar het met nog agt - drie elk in onderskeidelik Windhoek...

Self-management and its impact in leadership

3 dae gelede |

Gabrielle BotelhoSelf-management is the second pillar of emotional intelligence. It is a competency that is composed by the following abilities: self-control, trustworthiness, conscientiousness, adaptability, achievement...

A lawyer’s dream

3 dae gelede | Mense

Rivaldo KavangaIt is many Namibian law students’ and lawyers’ dream to start their own law firm. Henry Shimutwikeni has achieved this by establishing his own...