Trek af die kous oor jou kop en vind die waarheid
Trek af die kous oor jou kop en vind die waarheid

Trek af die kous oor jou kop en vind die waarheid

Ronelle Rademeyer
Ons bevind ons in ’n nuwe politieke tydvak.

Ons het pionne geword op ’n skaakbord waar alternatiewe waarhede die spelreëls bepaal.

Ons leef in ’n era waar emosionele aansprake, eerder as harde feite, politieke agendas rig.

Ons is pens en pootjies in die post-waarheid era en word as onkritiese inligtingsverbruikers deur waarheidsmanipuleerders aan die neus rondgelei.

In George Orwell se 1984, wat terloops tans weer ’n blitsverkoper is, verander die staat daagliks die geskiedkundige rekord van gebeure om sy propaganda-doelwitte van die dag te pas.

Ons kan nie meer onderskei tussen geloofwaardige nuus en fopnuus nie, verduidelik media-ghoeroe prof. Lizette Rabe in ’n onlangse artikel.

Daar is talle voorbeelde hoe “nuus” op vals nuuswebwerwe en sosiale media platforms viraal deur die kubergange blits.

Feite word verdraai, stertjies word bygelas of “feite” word eenvoudig nuut geskep.

Kort voor lank is die waarheid ’n skisofreniese monster.

Soos Orwell sê: “Doublethink means the power of holding two contradictory beliefs in one’s mind simultaneously, and accepting both of them.”

Geen wonder die Oxford-woordeboek se woord van die jaar vir 2016 was “post-waarheid” nie.

Brexit en Trump het immers die betreding van ’n ná-waarheidstyd bevestig.

Prof. Lahcen Haddad van die Mohamed V Universiteit in Rabat, Morokko, skryf in ’n artikel op Al Jazeera se webblad: “Die verkiesingslandskap in baie demokratiese lande getuig van ’n nuwe politieke kultuur gegrond op emosies en vrees, pleks van feite en beleid."

Ná die ineenstorting van die markte in 2008 en die ekonomiese en maatskaplike terugslae wat mense werkloos en arm op straat laat beland het, was dit asof ’n kous van verdoeming en somberheid mense verblind het.

Irrasionele vrees het die oorhand gekry.

Dit het ’n teelaarde geskep vir politici om met die koppe te smokkel van veral die werkers- en middelklas wat hulle uitgelewer voel aan 'n naderende eindtyd. Hul moedeloosheid oor die migrasiegolf van instromers, hul afsku van die Wall Street-geldwolwe en hul vrese vir buitelandse inmenging, laat hulle halfgebakte waarhede gretig opslurp.

En terwyl die politici van hul mishope af die emosionele troefkaart uit die mou trek, lê hulle met die ander hand die sweep in teenoor die media.

Die gevestigde en betroubare media word van die verdraaiing van feite beskuldig en skielik staan die Vierde Stand in die beskuldigde bank.

Fopnuus neem oor en vertrap die gevestigde waardes van eerlikheid, etiek en verantwoordelikheid.

Die internasionale korrespondent Christiane Amanpour het toe sy onlangs die Burton Benjamin-gedenkprys vir mediavryheid ontvang het, by medejoernaliste gepleit om hulle opnuut daartoe te verbind om feite te verifieer en vreesloos na die waarheid te soek.

As joernaliste, wáre joernaliste wat hul professie eervol bedryf, dié verbintenis tot die waarheid maak, moet die lesers en kykers en luisteraars en internetgebruikers hulle óók tot die soeke na waarheid verbind.

En dit is naamlik om hulle nie deur vals nuusmedia ’n kous oor die kop te laat trek nie.

Skakel julle onsin-verklikkers aan. Delf dieper. Lees wyer.

Dít is die stappe om te volg in die lakmoestoets vir waarheid.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%