TransNamib vir N$30 m. gedagvaar

Beëindig glo kontrak ‘onregmatig’

26 July 2019 | Plaaslik
Catherine Sasman - Die hoërhof het opdrag gegee dat ‘n bemiddelingskonferensie vir skikking tussen TransNamib en RMH Logistics gehou geword oor N$30 miljoen wat laasgenoemde van dié staatsonderneming vir die onregmatige beëindiging van ‘n kontrak eis.

Die bemiddeling moet teen 16 Augustus afgehandel wees.

TransNamib en HRD Trading Enterprises het in Desember 2015 ‘n kontrak gesluit vir die herstel en rehabilitasie van die grondoppervlak by die diesellokomotief-depot op Walvisbaai.

HRD Trading (verteenwoordig deur mnr. Hendrik Dawids) en RHM Logistics (verteenwoordig deur mnr. Rodney Hanganda) het in Augustus 2016 ‘n ooreenkoms aangegaan waarvolgens RMH Logistics die TransNamib-kontrak oorgeneem het.

Dokumente in die hofstukke toon RMH Logistics is toe as ‘n diensverskaffer van TransNamib geregistreer wat die dienste sou lewer, soos in die kontrak uiteengesit.

Dié maatskappy het TransNamib versoek om ‘n gedetailleerde werksuiteensetting voor te lê wat die koste uitstippel. Volgens RHM Logistics het hy in Januarie 2017 as ‘n onafhanklike entiteit ingevolge die oordrag deur HRD Trading met die werksaamhede begin.

RMH Logistics sê as gevolg van TransNamib se “swak betalingskedule” het hy by die SME Bank vir kredietgeriewe aangesoek gedoen. Die werksplan wat TransNamib voorgelê het, is as stawende dokumentasie by die bank ingedien.

Die maatskappy sê verder Hanganda en TransNamib (verteenwoordig deur me. Magda Nawes) het die betrokke ooreenkomste ter stawing aan die bank voorgelê.

RMH Logistics sê hy was veronderstel om die werk oor ‘n tydperk van twee jaar te verrig, maar voer aan TransNamib het die kontrak op 6 September 2017 “onregmatig” beëindig, wat tot sy verlies van N$30 miljoen (plus rente) gelei het.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

12 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

12 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

12 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

12 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

12 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

12 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

12 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...