TransNamib se sekretaris terug in pos
TransNamib se sekretaris terug in pos

TransNamib se sekretaris terug in pos

Die nasionale spoorvervoerder het ’n bloutjie geloop oor die afdanking van ’n senior werknemer.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



TransNamib se afgedankte sekretaris, me. Eugenia Taylor-Tjaronda, moet teen 15 Oktober in haar pos heraangestel word.

Dié staatsonderneming moet haar ook teen 3 November vir nege maande se verlies aan inkomste vergoed.

Dít volg nadat me. Lucia Amupadhi, arbiter in die kantoor van die arbeidskommissaris, Woensdag in haar guns beslis het.

Die saak is vir arbitrasie verwys nadat die partye nie tydens versoeningsvergaderings oor haar “onregverdige ontslag” tot 'n vergelyk kon kom nie.

Taylor-Tjaronda het aangevoer sy is op 17 Julie verlede jaar te midde van 'n arbeidsgeskil “summier afgedank”, terwyl TransNamib sê daar is gesamentlik besluit haar werkskontrak sou beëindig word.



WERKSOMGEWING 'GIFTIG'

Die gewraakte brief is deur die voorsitter van TransNamib, mnr. Paul Smit, en sy adjunk, me. Elize Angula, onderteken.

Angula het tydens arbitrasie getuig sy is nie onregverdig afgedank nie en het aangevoer Taylor-Tjaronda en die raad het in beginsel ooreengekom dat die werksverhouding nie kan voortduur nie, aangesien dit onherstelbaar verbrokkel het.

Sy het verder getuig die besluit is oor tyd geneem en het reeds in Januarie 2016 begin toe sy aan Smit gesê het sy kan nie langer vir TransNamib werk nie, aangesien die werksomgewing “giftig en onbevorderlik” is.



'EENSYDIG BEëINDIG'

Smit het volgens haar aangedui hy sal dit met die raad bespreek, en Taylor-Tjaronda het ingestem om op haar voorwaardes te bedank.

Volgens Angula kon 'n ooreenkoms oor 'n skeidingspakket nie bereik word nie, en daarom het TransNamib besluit om “die werksverhouding eensydig te beëindig”.

Sy sê Taylor-Tjaronda wou dieselfde pakket hê as die voormalige uitvoerende hoof van TransNamib, me. Sara Naanda. Dit het volgens mediaberigte miljoene Namibiese dollar beloop.

Volgens haar was Taylor-Tjaronda bevoeg in haar werk, maar “haar houding teenoor die raad en die uitvoerende span was ver­skriklik”.

Taylor-Tjaronda het ontken enige besprekings of onderhandelinge het oor die beëindiging van haar kontrak plaasgevind.

Amuphadi sê in haar uitspraak die voorgeskrewe reëls en prosedures is nie gevolg nie en Taylor-Tjaronda se afdanking was gevolglik onregverdig.

Laasgenoemde het gister in 'n e-pos gesê sy het hierdeur die “harde les” geleer dat 'n mens jou beroep­stryde alleen stry as jy nie die regte “verbintenisse” het nie.

“My professionele reputasie het geweldige skade gely en my toekomstige aanstellingsmoontlikhede is benadeel deur die gewetenlose optrede van 'n paar individue wat hul magsposisies misbruik het om persoonlike vendettas te voer. Erger nog, dit het my familie onverdiende en onuitspreekbare emosionele trauma en finansiële bekommernis besorg,” sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!