TransNamib kry ’n nuwe baadjie

Die spoorvervoeronderneming se nuwe handelsmerk is intern ontwerp.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die ysterwiele rol oënskynlik al gladder by TransNamib, wat Woensdagaand hul nuwe handelsmerk bekend gestel het.

Mnr. Johny Smith, die spoorvervoeronderneming se uitvoerende hoof, het benadruk die nuwe handelsmerk is deur die onderneming self ontwerp.

“Dit is ikonies, vars en modern,” het hy gesê.

Smith het die onderneming se nuwe slagspreuk, “Rail it”, ook onthul.

“Ons verander die negatiewe siening van hierdie onderneming voortdurend. Met die verandering van ons handelsmerkidentiteit beweeg ons nóg nader aan ons nuwe besigheidsplan om vragvolumes en inkomste oor vyf jaar te verdubbel. Verlede jaar het ons groei van 8% in vragvolumes getoon en meer as 7% in inkomste – die beste prestasie die afgelope 10 jaar,” het hy gesê.

TransNamib het ook ten doel om die maatskappy se kultuur te verander deur middel van ’n interne veldtog om trots en eienaarskap van die nuwe handelsmerk te bevorder.

“Die nuwe handelsmerk is op trots en waarde vir kliënte geskoei,” het Smith gesê.

“Van stasie tot stasie en van hawe tot stasie verskuif ons vrag, in ooreenstemming met die nasionale pad-na-spoor-strategie vir veiliger paaie,” het hy gesê.

“Die skeppende werk is deur ons interne span en ons ontwerper, mnr. Deón Vilas, gedoen. Dit is deel van ons fokus om interne kapasiteit te ontwikkel en ons werknemers oor die volgende vyf jaar te herskep.

“Deursigtigheid, spanwerk en prestasiegedrewe toewyding. TransNamib sal ’n moderne, ontwikkelde maatskappy word, saam met digitale herskepping, om ons markaandeel te laat groei,” het Smith gesê.

Aan kliënte sê Smith: “Ons is hier om jul vrag oor die land heen te vervoer, 24 uur ’n dag, 365 dae ’n jaar.”

TransNamib se raadsvoorsitter, adv. Sigrid Tjijorokisa, het gesê sy was verheug om die geleentheid te kon bywoon.

“Die reusemaatskappy kry ’n nuwe gesig.

“Ons is op ’n ernstige hervormingsreis na ’n nuwe korporatiewe strategie. Hierdie hervorming is nodig. Daar is geen terugkeer nie.

“Die nuwe raad is hier om die veranderinge te omarm. Ons wil kleinlike politiekery vermy en op die bereiking van strategiese doelwitte fokus. Prestasie en ons voortbestaan is met mekaar verbind.

“Die maatskappy is 20 jaar agter wat tegnologie, stelsels en infrastruktuur betref. Die nuwe handelsmerk plaas TransNamib op die spoor na deurbrake en ons nuwe visie van die grootmaat vragvervoerder van voorkeur,” het sy gesê.

“Die nuwe handelsmerk is nie net ’n nuwe baadjie nie. Dit kan nie net vensterversiering wees nie. Sigbare verandering moet plaasvind,” het sy gesê.

Die raad is op 7 Februarie deur minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, onder Tjijorokisa se leiding aangestel.

Tjijorokisa sê in die eerste jaar het hulle op basiese beginsels en die bou van ’n sterk fondament gefokus, asook op sterk bestuur, ’n einde aan onnodige inkomsteverliese en die aanspreek van arbeidskwessies, het sy gesê.

Tans fokus die onderneming op die benutting van sy verskeie eiendomsbates deur kliënte pakhuis-, stoor- of kantoorgeriewe te bied, het sy gesê.

Mutorwa het TransNamib se nuwe asem geloof.

“Ná ’n jaar en ’n paar maande het ons ’n maatskappy in baie beter toestand. Daar is nog baie uitdagings, maar ek waardeer die toewyding en fokus op die kernmandaat en -besigheid van die onderneming,” het hy gesê.

“Ons het gesonde verstand, verhoudings en bestendigheid in die maatskappy herstel. Ons werk almal oënskynlik nou baie beter saam met die fokus op besigheid om groei in volume en inkomste te verseker. Dit is ’n opwindende verwikkeling, wat die begin van die maatskappy se reis terug na winsgewendheid begin,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.06 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.81/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.91% | Zinc US$ 2 809.50/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 939.02/OZ DOWN -0.001 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.06 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.81/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.91% | Zinc US$ 2 809.50/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 939.02/OZ DOWN -0.001