TransNamib gee bes oor bonusse
Die kabinet sal glo koppe bymekaar sit om die nodige geld beskikbaar te stel.
Maria Eiseb
Ontevrede werkers van TransNamib het hul bonusstryd gewen, met die regering wat verseker het hulle sal hul dertiende tjek ontvang.
Die adjunkminister van werke en vervoer, mnr. James Sankwasa, het gister tydens die vergadering met die werkers belowe dat hulle hul geld Vrydag op die laatste sal kry.
Werkers is verlede week twee dae voor betaaldag ingelig dat TransNamib nie vanjaar bonusse sou betaal nie. Dit het tot ''n opstand onder die werkers gelei.
Sankwasa het gesê die Namibiese regering gee om vir die burgers van die land en hulle gee om vir die werkers van TransNamib. Volgens hom is die regering besig met ''n oplossing vir die bonuskwessie.
“Die maatskappy dra die ekonomie van die land op sy skouers en julle bemagtig die ekonomie van hierdie land,” het hy gesê.
Sankwasa het voorts gesê die kabinet sal bymekaarkom om geld vir bonusuitbetalings beskikbaar te stel.
TransNamib het aanstellings- en prestasiekontrakte en die werkers moet hul bes doen om te wys hulle verdien bonusse, het hy gesê.
Die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Hippy Tjivikua, het die werkers aangemoedig om na hul verskeie poste terug te gaan.
Sou TransNamib nie sy bonusbelofte teen Vrydag nakom nie, sal werksaamhede tot stilstand geruk word, het die werkers opnuut gedreig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie