TransNamib en Naanda se paaie skei
TransNamib en Naanda se paaie skei

TransNamib en Naanda se paaie skei

Catherine Sasman
Catherine Sasman

“Dit is een van die luuksste treine wat nóg deur ons stasie is,” het die trotse senior kontroleerder: passasiers­dienste by die Windhoekse stasie, mnr. Gerson Eiseb, gesê toe die Rovos Rail vir amper twee dae verlede week daar gestaan het.
Die trein, met sy 19 waens, is tans in Namibië op sy tweejaarlikse reis deur die land en aan ’n TransNamib-lokomotief gehaak.
Die private spoorwegmaatskappy werk vanuit die Capital Park-stasie in Pretoria, Suid-Afrika, waar sy rustige rit na Namibië begin het. Dit het deur die Ariamsvlei-grenspos in die land gekom en deur klein stasies soos Kunis, Kokerboom, Hamab, Nuwefontein, Karasburg, Sulz en die Gemsvlakte gereis.
Dit het by Holoog – die naaste stasie aan die Visrivier-canyon – gestop waar twee busse wat die toer padlangs vergesel, gewag het om gaste na dié aanloklikheid te neem voordat die trein verder na Keetmanshoop gereis het.
Die oornagting in Windhoek het gaste ’n kans gegee om ’n staptoer deur die stad te neem, waarna sommige besoekers na Sossusvlei gevlieg het vir ’n vinnige besoek aan die duine. Daarna het die reis na Kranzberg voort­gegaan, van waar dit in trurat na Otjiwarongo gereis het. Van hier is gaste per bus na Mukuti Lodge geneem om die Etosha Nasio­nale Park te besoek. Toe is dit terug deur Kranzberg na Swakopmund, waar die eerste deel van die Namibiese reis geëindig het alvorens dit met ’n nuwe groep gaste na Ariamsvlei terugkeer. Die toer deur Namibië eindig op 14 Mei.
Die rit deur Namibië is een van Rovos Rail se gewildste in Afrika. Die mees gesogte is egter die 15 dag lange skilderagtige roete van Kaapstad na Dar es Salaam.
Rovos Rail word beskou as die trots van Afrika op wiele. Wat dit só spesiaal maak, sê die bestuurder op hierdie Namibiese reis, mnr. Adam Bentley, is dat dit een van die laaste oorblyfsels is van ouwêreldse elegansie en luuksheid, maar in ’n mate wat die 1920’s nie self kon oplewer nie.
“Hier skep ons ’n gevoel van ’n vervloë era om outydse nostalgie terug te bring,” het Bentley gesê.
Die Vereniging van Internasionale Spoorwegreisigers (IRT) gradeer Rovos deurlopend onder die top vyf luukse treine ter wêreld. In Afrika bied die ander luukse trein – die Blou Trein – meer moderne fasiliteite aan boord en beweeg dit ook veel vinniger as die Rovos Rail wat nooit meer as 60 km per uur ry nie.
Die stadige, statige pas van die Rovos Rail is daarop gemik om sy gaste te laat ontspan, met geen afleiding van die buitewêreld nie, het Bentley gesê.
Daar is geen radio of televisie aan boord nie, en gaste mag nie selfone of skootrekenaars in openbare areas gebruik nie. Die doel is juis om tydens die reis van die alledaagse gejaag te ontkoppel.
“Ons wil ons gaste terugneem na ’n era van goeie, outydse gesprekke,” het hy gesê.
Die waens, wat met die hand omgebou is, weerspieël juis dit. In die laat 1980’s het die eienaar, Rohan Vos, begin om waens in verskillende stadiums van verval te koop en met ’n toegewyde span dit een vir een herbou.
Elke trein beskik oor ’n elegante salonwa. Daar is ook ’n waar­nemingswa met ’n oop balkon, ’n rooksalon en een of twee eetsalonne wat óf in ’n 1920’s-styl gebou is met kiaatpilare, óf in ’n meer moderne 1930’s-styl met groot vensters.
Die slaapkompartemente is in drie prysklasse, met die luuksste, die Royal suite, wat met ’n bad en stort toe­gerus is.
Etes op die trein word van vars produkte gemaak en met Suid-Afrikaanse uitsoekwyne voorgesit, wat in die prys ingesluit is.
Aandete is ’n swierige affêre, met geen plakkies of denims wat toe­gelaat word nie.
Bentley reken hierdie reis is iets wat jy gerus op jou moet-doen-lys kan neerskryf.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!