TransNamib deur NQA geakkrediteer

TRANSNAMIB is onlangs deur die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) geakkrediteer om sertifikate vir die vervoer van gevaarlike goedere en stowwe, uit te reik aan drywers wat die kursus suksesvol voltooi het.

TransNamib bied al ?n geruime tyd opleiding aan padvervoeroperateurs wat swaar en ekstra swaar voertuie bestuur ? ?n noodsaaklikheid om operateurs bewus te maak van padwette en verseker hulle voldoen aan sekere veiligheidsvereistes.

Ten einde operateurs met die toepaslike kennis toe te rus, het die maatskappy ?n ooreenkoms met Dantran in Suid-Afrika aangegaan om opleiding aan drywers te bied wat gevaarlike goedere en ander stowwe vervoer.

Die ooreenkoms maak voorsiening dat Dantran ?n sertifikaat vir die vervoer van gevaarlike goedere en stowwe aan operateurs kan uitreik wanneer hulle die opleiding voltooi het.

In November 2007 het TransNamib ?n aansoek by die NQA ingedien vir akkreditasie om opleiding te verskaf en om sertifikate uit te reik, mits sekere vereistes soos vasgestel deur die NQA nagekom is.

Die NQA het in November verlede jaar akkreditering aan TransNamib verleen, wat na drie jaar hernubaar is. TransNamib gaan voort om gebruik te maak van Dantran se kursusmateriaal tot tyd en wyl die maatskappy sy eie leerstof ontwikkel het, soos bepaal deur die Namibiese Instituut vir Standaarde.

Die NQA het TransNamib tot 30 November 2013 gegee om sy eie kursusmateriaal te ontwikkel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!