TransNamib-bestuurder in hof op korrupsieklagte
TransNamib-bestuurder in hof op korrupsieklagte

TransNamib-bestuurder in hof op korrupsieklagte

Die beskuldigde bly in aanhouding terwyl die polisieondersoek voortgaan.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Landdros Venatius Alweendo het gister geweier om borgtog aan mnr. Chris Simataa, TransNamib se verkrygingshoof, te verleen toe hy vlugtig in die landdroshof in Windhoek op twee klagte van korrupsie verskyn het.
Simataa is Dinsdag deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in 'n lokval gelei en in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding in Windhoek se polisieselle.
Die verhoor is tot 29 September uitgestel, maar 'n verdere borgtogaansoek kan volgende week gebring word.
Simataa het na bewering op of rondom 17 Julie N$50 000 van ene Jannie Basson in die Windhoek-distrik vir die toekenning van 'n skrootbestuurtender in ontvangs geneem.
Simataa is ingevolge die ACC-wet van die misbruik van sy posisie vir vergoeding, en van die korrupte ontvangs van vergoeding aangekla.
Die staatsaanklaer, me. Bernadine Bertolini, het Simataa se borgtogaansoek teengestaan vanweë die erns van die oortreding.
Bertolini het aangevoer die ondersoek na die beweerde korrupsie is steeds in sy kinderskoene en die staat vrees dat indien Simataa borgtog kry, hy met die polisieondersoek kan inmeng.
Sy sê uitstaande kwessies in die ondersoek sluit in 'n transkripsie of opname, 'n selfoonkorrespondensie-drukstuk van MTC, asook 'n verklaring en 'n fotoplan. Staatsgetuies moet ook nog verklarings aflê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!