Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

Ses jaar gelede dié maand is 'n 26-jarige vrou voor Swapo se hoofkantoor in Windhoek doodgeskiet.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith



Ses jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet is, sê haar familie hulle leef steeds met die pyn van haar onregmatige en onopgeloste dood.

Volgens haar jonger suster, me. Immanuel Maria Ndalie, was Ndatipo soos hul ma.

“Ek was 19 jaar oud toe sy vermoor is. Ons het ons moederfiguur op 'n baie jong ouderdom verloor.

“Sy was 'n sterk vrou en selfs op die dag toe sy geskiet is, was sy daar om ons en ander mense te probeer help. Sy het ons altyd beskerm en versorg.”

Ndatipo was 26 jaar oud en die ma van drie klein kinders toe 'n dwaalkoeël haar getref het. Sy is op slag dood.

Die staat se ondersoek na haar dood op 27 Augustus 2014 is ná 'n amptelike ondersoek deur die kantoor van die ombudsman en 'n ondersoek na die hooggeregshof in 2015 afgesluit. Albei het tot die gevolgtrekking gekom dat hoewel haar dood onwettig was, dit “deur 'n onbekende persoon” veroorsaak is.

Die dodelike skietery was van korte duur. Die 25 patroondoppies wat op die toneel gevind is, was afkomstig van skote wat binne net vier minute afgevuur is.

Al die patroondoppies is aan die elf gewapende polisiebeamptes gekoppel. Geen bewyse kon gevind word om getuienisverklarings te bevestig dat sommige van die strydkinders vuurwapens gedra of gebruik het nie.



ONREGVERDIG

“Ek kan die trane nie keer wanneer ek aan haar dink nie, maar veral as ek na haar kinders kyk.”

Volgens Ndalie sukkel die oudste meisie wat nou 13 is veral om haar ma se dood te verwerk.

Die familie sukkel nie net met die emosionele verlies nie, maar het nou ook nog die finansiële las omdat hulle vir haar kinders moet sorg.



DEUR DIE STAAT VERMOOR

“Wat veral moeilik is, is dat die regering nog niks gesê of gedoen het nie. Maar ons weet een van hulle het my suster vermoor. Hulle kan ons ten minste help. Hulle het ons nooit iets gegee nie, nie eens om met die kinders te help nie.”

Die prokureur mnr. Henry Shimutwikeni het verlede week bevestig dat hy namens die voog van die minderjarige kinders optree en besig is om regstappe teen die polisie en ander partye aanhangig te maak.

Daar is egter reusehindernisse in die saak, wat insluit om die huidige polisie wet te takel.

Die prokureur het verduidelik omdat die howe niemand vir Ndatipo se dood verantwoordelik gehou het nie, 'n siviele eis teen 'n onbekende persoon, of 'n 'spook', ingewikkeld is, indien nie onmoontlik nie.

Ndalie sê sy wil nie die elf polisie­beamptes konfronteer nie, omdat dit te seer sal wees.

“Wat hulle gedoen het, behoort geen familie te ervaar nie. Nadat hulle haar geskiet het, het hulle gesê dit was 'n 'spook' wat nie verantwoordelik gehou kan word nie.”

Ndatipo se tannie, me. Shalikoshi Ndaifanwa, sê sy is “soos 'n dier doodgeskiet. Sy was net 'n kind gewees”.

“Ek wil hê die mense van Namibië moet weet die regering het haar vermoor en hulle het nooit verantwoordelikheid geneem om ons te help nie.”

'n Geregtelike doodsondersoek het beslis Ndatipo is geskiet terwyl sy 'n entjie van die betoging af gestaan het en sy het geen klippe gegooi of die polisie fisiek teengestaan nie.



BELANGRIKE BEVINDING

'n Belangrike bevinding in die verslag wat deur die ondersoekspan van die kantoor van die ombudsman ­uitgereik is, is dat die “nienakoming of oor­treding van die wet (deur die polisie) soos 'n goue draad deur die gebeure van die noodlottige dag van 27 Augustus 2014 loop”.

Die verslag lys talle gebreke in die polisie se reaksie op die “onreg­matige, maar niedreigende” betoging deur die strydkinders, asook in die ­hantering van die polisieondersoek daarna.

Die posisies van die ­gebruikte ­patroondoppies is nooit gemerk nie, wat die kanse uitskakel om die baan van die koeël te identifiseer wat Ndatipo se dood veroorsaak het.

“Toe hulle gevra is waarom nie, het hulle beweer dat hulle die ­gebruikte patroondoppies opgetel en saam gesit het. . . omdat die strydkinders die toneel binnegedring het,” lui die verslag.

“As hulle die posisies aangedui het, sou 'n mens die toneel kon herkonstrukteer om die ligging van die ­vuurwapen te bepaal en dus wie die skoot afgevuur het,” volgens die verslag.

Bykomende bevindings was die ­“arbitrêre polisieoptrede, die ywerige afvuur van vuurwapens en ­die ­gewelddadige uitmekaar jaag van ­betogers van 'n ­onwettige byeenkoms.”

Tydens onderhoude met getuies het die ondersoekspan bevind “sommige polisiebeamptes wat hul vuur­wapens op die misdaadtoneel ­afgevuur het, nie akkuraat berig het oor die aantal gebruikte of ongebruikte koeëls nie”.

Dit het sommige mense toegelaat om hul “verduidelikings aan te pas”.

Ter afsluiting sê die verslag die polisie was “klaarblyklik nie ­verdraagsaam teenoor die ­onwettige, maar vreedsame, niedreigende ­betogers nie en hul optrede het die situasie onnodig laat handuit ruk”.

Verder was dit duidelik ­polisielede was nie toegerus om die situasie te hanteer nie en dit geensins vir die polisielede nodig was om in self­verdediging op te tree nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%