Tragedie verpletter sokkerspan se ambisie

Soos gebruiklik word vingers rondgewys nadat die o.23-span se Afrika- en Olimpiese drome gekelder is.
NAMPA
Namibië se nasionale o.23-span se droom om by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, teen die bestes ter wêreld op die veld te stap, is dié week finaal gekelder.

Die o.23’s moes komende Vrydag in Angola en daarna in die tuisontmoeting op 20 November vir kwalifiserende ronde 1 van die 2019 Afrika Nasiebeker (Afcon) gespeel het.

Weens ’n geldtekort het die Namibiese Sokkervereniging (NFA) egter besluit om die botsings teen die Angolese te kanselleer en sodoende die jongmanne se droom nek omgedraai.

Die koshuis waar die 37 spelers die afgelope maand by Sokkerhuis in Katutuara gebly het terwyl hulle ’n oefenkamp bygewoon het, was Maandag verlate nadat die hulle onseremonieel huis toe gestuur is.

Barry Rukoro, omstrede sekretaris-generaal van die NFA, het die omstandighede verduidelik.

“Dit is baie hartseer, maar ons het eenvoudig nie die geld om die span Angola toe te stuur nie. Die seuns het vreeslik daarna uitgesien, maar dit is nou neusie verby vir hulle. Die geld wat oor is, moet ons vir die Tafel Lager Brave Warriors se wedstryd die komende naweek teen Guinee-Bissau aanwend,” het Rukoro gesê.

Met die huidige tweespalt wat Sokkerhuis teister, sal meer nasionale spanne dalk nie hul drome kan najaag nie. Die o.20-span bekend as die Young Warriors is veronderstel om Desembermaand in Kitwe, Zambië, aan die o.20 Cosafa-kampioenskap deel te neem en sal hopelik nie dieselfde teëspoed as hul ouer broers by die o.23’s nie tussenbeide tree nie.

“Dit rig onherroeplike skade aan die NFA se beeld aan, want ons was nog altyd teenwoordig by die jeugkompetisies en nou moet ons onttrek. Ons sal later die o.20-span se kanse vir die Cosafa-toernooi heroorweeg,” het Rukoro vertel.

Toe Rukoro gevra is hoekom die NFA nie die geld het om hul pligte na te kom nie, het hy vertel dat Fifa wel die vondse beskikbaar gestel het, maar dat Frans Mbidi (toe glo nog president van die NFA) geweier het om vir die geld te teken. Volgens Rukoro was hy bewus daarvan dat die NFA deur Fifa beboet kan word en ook skorsing in die gesig staar.

“Dit is ’n groot terugslag, want ons het daarna uitgesien om die o.23-span teen Angola in aksie te sien. Die plan was nog altyd om die o.23-groep só te ontwikkel dat hulle mettertyd die huidige seniors van die Brave Warriors kan uitdaag. Ongelukkig is hulle nou die geleentheid ontsê.

“Lede van die NFA behoort stappe te doen teen diegene wat vir die fiasko verantwoordelik is,” het die sekretaris-generaal gesê.

Mbidi wou gister nie kommentaar lewer nie, maar het hom van die beskuldigings teen hom gedistansieer en gesê hy is deur die NFA van sy pos as president onthef en is nie meer ’n lid van die uitvoerende komitee nie.

Mbidi is op 27 Oktober om verskeie redes as president deur die uitvoerende komitee van die NFA uitgeskop en as persona non grata by dié liggaam verklaar. Selfs banke, diensverskaffers en ander instansies is deur die NFA van Mbidi se vertrek ingelig.

“Die uitvoerende komitee moet my weer aanstel. Hulle het die besluit geneem, so hoe kan ek vir die geld teken as ek nie daar is nie? Die waarnemende president sal moet verduidelik hoekom die geld nie beskikbaar is nie.

“So lank Rukoro daar is en vir geld moet teken, sal Fifa dit nie gee nie. Rukoro se kontrak met die NFA het op 21 Maart 2018 verstryk. Hoe kan hy vir Fifa geld vra as hulle hom nie erken nie? Die uitvoerende komitee het Fifa asook ons regering se aanbevelings geïgnoreer om my weer as president aan te stel.

“Ek moet die publiek maan om nie die stories te glo wat op sosiale media versprei word nie. Ek is nie verantwoordelik vir die scenario waar sekere mense in ons sokkerwêreld geviktimiseer word nie. Ek kan nie eens meer in die straat stap nie, want mense sien my as die slegte ou en wil my aanrand. My integriteit is bemors (soiled) weens die dinge wat tans by Sokkerhuis aangaan,” het Mbidi vertel.

Dr. Naftal Ngalangi, waarnemende NFA-president, sê die uitvoerende komitee het met Mbidi se skorsing aan Fifa se vereistes voldoen en wag tans op ’n antwoord van die liggaam.

Weens die onttrekking van Namibië teen Angola, kry die Angolese ’n vrypas na die tweede ronde waar Suid-Afrika vir hulle wag.

In die derde ronde sal Suid-Afrika of Angola teen die wenner van Mosambiek of Zimbabwe op die veld stap in ’n poging om vir die o.23 Afcon-toernooi te kwalifiseer wat oor ’n jaar in Egipte aangebied word. Die beste drie spanne in Egipte sal outomaties vir die Tokio-spele kwalifiseer, terwyl die vierde land teen ’n Asiatiese span vir moontlike kwalifikasie sal kragte meet. - www.nfa.org/Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.23 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.57 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 25.04 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 373.99/OZ DOWN -0.0034 | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0126 | Zinc US$ 2 724.90/T DOWN -2.56% | Brent Crude Oil US$ 90.20/BBP DOWN -0.0059 | Platinum US$ 968.28/OZ DOWN -0.0041 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.23 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.57 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 25.04 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 373.99/OZ DOWN -0.0034 | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0126 | Zinc US$ 2 724.90/T DOWN -2.56% | Brent Crude Oil US$ 90.20/BBP DOWN -0.0059 | Platinum US$ 968.28/OZ DOWN -0.0041