Tradisionele owerhede moet sokkies optrek

'Trek in een rigting'

13 September 2018 | Politiek
Catherine Sasman



President Hage Geingob sê die integriteit van tradisionele owerhede word bedreig en weggekalwe deur oneindige binnegevegte en leierskapdispute.

Geingob het by die opening van die 21ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers tans in Windhoek gesê hierdie voorvalle is teleurstellend, veral gesien in die lig van die pogings om 'n nasie te bou.

Daarvoor, het hy gesê, is eenheid nodig om in een rigting saam te trek.

“Onder geen omstandighede dra insidente van binnegevegte by tot die bevordering en bewaring van eenheid nie, en is nie in die belang van die gemeenskap nie,” het Geingob aan die tradisionele leiers gesê.

Hy het gesê regeringsbronne moet nie gebruik word om skikkings in ­oppervlakkige geskille van howe te vind nie, maar dat hierdie bronne eerder gebruik moet word vir die bou van infrastruktuur, ontwikkeling, onderwys, gesondheid en die opheffing van die armes en behoeftiges.

Geingob is onlangs gekritiseer vir sy vermeende inmenging in die regbank toe hy lede van die Ondonga Tradisio­nele Owerheid aangeraai het om hul geskille in 'n tradisionele hof eerder as die hoërhof te besleg, blykbaar om nie die bejaarde koning Immanuel Kauluma in die verleentheid te bring nie.

Hy het Maandag gesê kwessies rondom die opvolging van kaptein­skap in Afrika moet fokus op die handhawing van waardes en tradisies van die samelewing, asook in belang van die wyer gemeenskap wees.

“Met tradisionele formules in ag genome word tradisionele waardes en normes in ons samelewing weggevreet deur hierdie geskille in die arena van moderne howe te sleep. Ek glo hierdie kwessies moet op en by hierdie konferensie beraadslaag word om te verseker tradisionale ­owerhede handhaaf hul sosiale strukture,” het Geingob gesê.

Hy het gesê hy sal voortgaan om met die twee vegtende Ondonga-groepe te onderhandel.



GRONDKONFERENSIE

Geingob het voorts gesê dat die tweede nasionale ­grondkonferensie in Oktober gaan fokus op moeilike kwessies soos die voorvaderlikegrondregte, kommunale, stedelike en landelike grond, asook “nedersettingsprojekte”.

Volgens hom behoort die uitslag van dié grond-indaba konkrete planne op te lewer om die grondkwessie op te los.

Vanjaar bespreek leiers die rol van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling in die sake van tradisionele owerhede, samewerking van dié owerhede met ander regerings­liggame, tradisionele howe, dispute in kapteinskappe, tradisionele troues, en die uitvoering van die regering se groenskema.

Die vergadering gaan ook kyk na die rol van tradisionele owerhede in die uitreiking van mynbou-klaringsertifikate en omgewingslisensies in kommunale gebiede, omheinings, hoe die owerhede kan voordeel trek uit visregte, en gesondheidsfasiliteite.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

12 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

12 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

12 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

12 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

12 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

12 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

12 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

12 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...