Traangas begroet betogers

In ’n reeks protesoptogte in die land van Donderdag af, het betogers hulle op pres. Hage Geingob beroep om ’n noodtoestand teen geslagsgeweld af te kondig.
JUSTISIA SHIPENA
Justicia Shipena

Betogers in die hoofstad wat hulle beywer om geslaggeweld teen vroue in Namibië te beëindig, is die naweek deur die Namibiese spesiale veldmagte met traangas en rubberkoeëls bestook.

Honderde betogers, meestal jong vroue, het Saterdag na Wernhil Park, een van Windhoek se grootste inkoopsentrums, opgeruk om aan te dring dat die sentrum gesluit word en ’n boodskap te bring dat die privaat sektor ook ’n rol moet speel in die bekamping van seksuele en geslagsgeweld (SGBV).

Die protesoptog is vinnig uiteengejaag en altesaam 26 individue is in hegtenis geneem, insluitend drie joernaliste van plaaslike mediahuise.

Adj.komm. Willem Steenkamp sê die betogers is uiteengedryf, omdat hulle die wet op openbare vergadering en gesondheidsregulasies oortree het.

Steenkamp het Saterdag by die Windhoek Sentrale Gevangenis gesê die optog die oggend was onwettig en die polisie is nie daaroor ingelig nie. Steenkamp sê die betogers, behalwe die betrokke joernaliste, is almal aangekla en op waarskuwing vrygelaat om vandag in die hof te verskyn.

Regering se reaksie

Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het Saterdagaand gesê die regering neem kennis van die klagskrif wat aan die Speaker oor geslagsgeweld gerig is.

Kuugongelwa-Amadhlia sê die regering verwag om Dinsdag ná die kabinetsvergadering formeel terugvoering te gee.

Sy voeg by dat hulle die gerapporteerde voorvalle van meningsverskille tussen die polisie en betogers, wat tot die inhegtenisname van 26 mense gelei het, betreur.

“Ons polisiemag is hier om te beskerm en die mense van Namibië te dien, en om wet en orde te handhaaf. Ons is aan dieselfde kant. Kom ons werk saam in harmonie, omdat ons net as ’n eenheid die euwel van seksuele en geslagsgeweld suksesvol kan oorwin,” sê sy.

Stryd gaan voort

Volgens die jeugaktivis, me. Bertha Tobias, dring hulle op optrede vanaf die privaat sektor aan en vra vir die voorkeur van jaarlikse begrotings om die stryd teen seksuele en geslagsgeweld in die werksomgewing te bevorder.

“Ons wil optrede sien, ons is moeg vir veroordelings, dit het ons niks gehelp nie. Vroue gaan steeds dood; ons is nie hier vir lang gesprekke nie. Ons wil optrede, deursigtigheid en aanspreeklikheid sien, omdat ons moeg is,” sê sy.

Tobias sê ook hulle sal aanhou om hulle stem te hef tot daadwerklike optrede geneem word.

Die betogings teen seksuele en geslagsgeweld in Windhoek se middestad is deel van ’n protesveldtog wat volg op die ontdekking van menslike oorskot op Walvisbaai wat vermoedelik dié van me. Shannon Wasserfall is, wat ses maande gelede verdwyn het.

EFN bekommered

Die sekretaris-generaal van die Redakteursforum van Namibië (EFN), Ronelle Rademeyer, het gister in ’n verklaring gesê die EFN is bekommerd oor die fisieke geweld wat die spesiale veldmagte teen joernaliste gebruik het, wat die #ShutItAllDown-betogings gedek het.

Die EFN is ook besorg oor die beledigende opmerkings wat polisiebeamptes teenoor joernaliste gemaak het. Dit toon ’n gebrek aan mediavryheid en vryheid van spraak, wat ’n grondwetlike reg is,” sê sy.

Rademeyer het ander geleenthede genoem waar polisiebeamptes joernaliste gekeer het om hul werksaamhede te verrig.

“Dit sluit die voorval in Junie in toe Jemima Beukes, ’n Namibian Sun-joernalis en Charmaine Ngatjiheue, van The Namibian, hardhandig behandel is terwyl hulle die amptelike opening van die Covid-19-isolasiefasiliteit deur pres. Hage Geingob by die Windhoek Sentrale Hospitaal probeer dek het,” sê sy.

Die EFN het hulle op die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, asook die ministerie van justisie beroep om te verseker dat staatsinstellings joernaliste wat aan diens is, beskerm.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053