Totsiens, Uncle Paul

Yandi Du Plessis
Net meer as 'n week gelede moes Namibië, en spesifiek die plaaslike kunsgemeen­skap, met swaar harte van die kunslegende Paul Kiddo afskeid neem. Hy is die Sondagoggend in die Katutura-hospitaal op die ouderdom van 72 aan 'n hartaanval dood.

Huldeblyke vir die ontslape kunstenaar het ingestroom en almal is dit eens dat sy dood 'n groot leemte in die Namibiese kunswêreld laat.

Een van sy grootste vennote deur die afgelope jare was die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN). Die galery het in 'n huldeblyk gesê: “Sy blywende bydrae tot die Namibiese kunslandskap sal vir altyd waardeer en gekoester word.”



DIE MAN AGTER DIE KUNS

Paul Kiddo (1949-2021), of Uncle Paul, soos hy algemeen bekend was, is in 1949 op Bethanie in die suide van Namibië gebore.

Dié landskap sou as inspirasie vir baie van sy werk dien.

Op die ouderdom van 14 het Kiddo met verf begin eksperimenteer. Eers in sy dertigerjare het die kunstenaar regtig ernstig begin skilder. Sy vroeë eksperimente het op ongewone oppervlaktes soos plat klippe en plafonplanke plaasgevind. Die afgelope 40 jaar het Kiddo egter byna net met akriel op hardebord en doek gewerk.

Hy het in Windhoek gewoon en gewerk as 'n gevestigde kunstenaar en het bekendheid verwerf vir sy realistiese skilderye wat dikwels tonele van mense in hul daaglikse omgewings, landskappe en historiese geboue uitgebeeld het. Hy het kuns opgelewer wat die Namibiese kulturele identiteit en sosiale kommentaar vasvang.

Kiddo se kunswerke is 'n visuele voorstelling van regte mense, en hul woonomstandighede, van opstalle tot die hedendaagse stadsilhoeëtte, insluitend ikoniese geboue en beelde, asook vervoerstelsels en die sosiale dinamika van ruimtes soos die informele nedersettings.



Kulturele erfenis

Paul het ook gereeld aan die jaarlikse /Ai //Gams-kultuurfees deelgeneem. Tot 'n maand gelede was hy 'n praktiserende kunstenaar wat aan die #WhatsYourStory-uitstalling deelgeneem het, wat deur die NAGN aangebied is en daarop gemik is om Namibiese visuele kunstenaars op virtuele platforms te plaas en 'n wêreldwye gesprek te voer.

Hy het altyd werk van 'n hoë gehalte gedurende sy loopbaan gelewer. Sy skilderye, wat dien as 'n dokumentasie van tyd en 'n vorm van kommentaar op tyd en plek, word in talle versamelings verteenwoordig.

Vanweë die gebrek aan voldoende akademiese navorsing en dokumentasie oor Nama- en Khoisan-kuns, kulturele identiteit, tasbare en ontasbare erfenisuitdrukking en die nie-bestaande post-onafhanklike inheemse Namibiese visuele kuns, weerspieël die bestaande literatuur slegs die kuns van Namibië voor onafhanklikheid, wat nie die hedendaagse mense van Namibië se kulturele identiteit en aspirasies verteenwoordig nie.

Sy kunswerke dien as 'n narratief wat in die postkoloniale Namibië saamgestel is oor die vooruitgang van die mense, van 'n etnografiese blik tot die kontemporêre bestaan.

In hierdie konteks gaan Kiddo se kuns nie bloot daaroor om 'n bepaalde landskap of omgewing op 'n skilderdoek vas te vang nie.

Dit was sy doel om noodsaaklike elemente van sy kulturele erfenis, wat bewaar moet word, in detail uit te beeld. Grond as 'n fundamentele simbool van rykdom word in sy skilderye van mense op hul lande weerspieël.



'Alle erkenning verdien'

Paul was aktief betrokke by die visuele kunsbedryf in Namibië en het talle toekennings ingepalm, waaronder die merietetoekenning in die tweedimensionele kategorie van die 2014 Bank Windhoek-triënnale.

By die 2017 Bank Windhoek-triënnale het hy die Lifetime Achievement Awards ontvang vir sy lewenslange toewyding aan visuele kunste en sy verteenwoordiging van Namibië op internasionale platforms.

“Paul se kunswerke in die verskillende versamelings in museums en galerye verdien al die eer en erkenning wat dit toekom,” sê Snobia Kaputu, die uitvoerende hoof van die NAGN.

Ten spyte van sy gesondheidsprobleme, het sy liefde vir kuns nooit verdof nie. Hoewel sy wens altyd was om 'n solo-uitstalling te hou, kon dié droom weens sy verswakkende gesondheid nooit realiseer nie.

Sy uithouvermoë word weerspieël in sy finale kunswerk getiteld Shadow left by corona, 2021, wat hy 'n paar maande gelede vir die #WhatsYourStory-uitstalling geskep het. Dié laaste werk sal dien as getuienis van sy krea­tiewe reis en sal in die NAGN se permanente versameling opgeneem word.

“Mag sy siel in vrede rus.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%