Tot siens, Oom Kosie

17 July 2017 | Mense
Estelle de Bruyn en Jo-Maré Duddy – Hy sal met respek onthou word, het politieke swaargewigte die heengaan van veteraanpolitikus mnr. Kosie Pretorius beskryf.
Jacobus Willem Francois Pretorius of Oom Kosie – soos ieder en elk hom genoem het – is Vrydagoggend ná ‘n lang siekbed op Walvisbaai oorlede, vermoedelik aan hartversaking. Hy sou op 5 September sy 82ste verjaardag vier.
Die voormalige eerste minister en nou afgetrede Swapo-politikus, mnr. Nahas Angula, het Pretorius as een van die stigtervaders van die Namibiese nasie beskryf.
"Pretorius was 'n unieke mens. Hy het harde, konserwatiewe menings gehuldig, maar hy was 'n pragmatiese realis. Hy was hardkoppig in sy diep Calvinistiese siening, maar nie 'n obstruksionis nie.
“Op 'n persoonlike vlak het ek sy ondernemings vertrou. Sy opregtheid sal gemis word. My simpatie en meegevoel gaan aan sy familie en vriende. Rus in vrede, Oom Kosie," het Angula gesê.
Mnr. Dirk Mudge, voormalige voorsitter van die DTA, sê al het hy en Pretorius van mekaar oor die politiek verskil, was hulle nooit vyande nie en het hulle mekaar se standpunte gerespekteer.
"Dit was regtig nie vir my aangenaam om die nuus te kry nie. Hy is nou ook van een van die ou garde wat nie meer met ons is nie. Ek wil graag my opregte simpatie en meegevoel met sy familie betuig," het Mudge gesê.
Pretorius het diep spore in die Namibiese politiek getrap. As leier van Aksie Christelik Nasionaal (ACN) was hy deel van die Grondwetskrywende Vergadering. Onder die ACN-vaandel was hy deel van die Nasionale Vergadering (NV) ná onafhanklikwording.
In 1991 is die ACN ontbind en die Monitoraksiegroep (MAG) gestig. As leier van die MAG het Pretorius dié party tot sy uittrede uit die aktiewe politiek in Junie 2013 in die parlement verteenwoordig.
As oudste dogter, wat ook vir baie jare sy persoonlike sekretaresse was, is die heengaan van haar pa “baie emosioneel”, het me. Ellina Theron aan Republikein gesê.
“Ek voel dankbaar vir die voorreg en geleentheid om hom tot op sy laaste te kon versorg.”
Pretorius het hom tot op die einde “met politiek en nogmaals politiek” besig gehou, sê sy. “Hy het gereeld artikels en briewe aan die media gestuur. Ook het hy sy boek, ‘n lewensideaal, die lig laat sien - Suidwes-Afrika na Namibië.”
Die familie wil hul dank betuig aan almal wat meegevoel betoon het. “Dit word opreg waardeer,” sê Theron.
Pretorius word oorleef deur sy vrou, Drix, vier kinders en hul gades, agt kleinkinders en twee agterkleinkinders, asook sy drie susters.
‘n Roudiens sal vandeesweek op Walvisbaai gehou word. Meer inligting sal bekend gemaak word.

Soortgelyk

 

Bejaarde erg getraumati­seer

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht'n Bejaarde inwoner van Windhoek wat van 'n rolstoel gebruik maak, het vandeesweek vir ure in haar ontlasting in 'n hospitaalgang vir 'n prosedure...

Rooies Mostert in eiendomsgeskil

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Mnr. Walter (Rooies) Mostert, ’n oudlanddros, staar strafregtelike klagte in die gesig weens ’n eiendomstransaksie wat skeefgeloop het.Luidens dokumente in Republikein se...

Weer vir 19 April

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die //Kharasstreek, maar baie warm in die Noorde. Elders sal dit mooiweer en baie warm wees. KUS:...

Inbrekers steel derduisende by SKW

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Teen gistermiddag was daar nog geen sent teruggevind van die N$220 000 kontant wat die naweek by die Sport Klub Windhoek (SKW)...

Piramideskema: Trio skuldig op 512 klagte

15 ure gelede | Howe

Ronelle RademeyerDie bedrog-trio van Oranjemund wat van 2004 tot 2006 'n piramideskema bedryf het waarin beleggers sowat N$11,5 miljoen verloor het, se doppie is geklink.Regter...

Oranjemund maak spiere vir toerisme

15 ure gelede | Gebeure

Môre (Vrydag) bied Namibië se nuutste dorp, Oranjemund, ‘n toerismemark aan.Die geleentheid vier ook die dorp se nominering as ‘n finalis in Namibia Media Holdings...

Skole, koshuise in 'toestand van verval'

15 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSowat 85% van openbare onderwysgeriewe in Namibië is in 'n toestand van verval, terwyl die ontwikkeling en rehabilitasie daarvan teen 'n slakkepas beweeg. Die...

PDM lê Sona-eier

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike ­opposisie, beweer president Hage Geingob en sy binnekring woon in 'n ander land as die...

Spensdeure klap oop oor kaas en kontreikos

15 ure gelede | Gebeure

Des Erasmus - Die bystand van deskundiges uit Suid-Afrika is ingeroep in die eerste stappe wat gedoen word om Namibië se kaasmakersbedryf te standaardiseer en...