Tot die tande gewapen
Ellanie Smit – Namibië het 200 000 geregistreerde kleinkaliberwapens in omloop – die tweede meeste in Afrika suid van die Sahara.
Luidens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se liggaam belas met handelstatistiek (UN Comtrade) is Suid-Afrika boaan die lys. Drie miljoen kleinkaliberwapens is in die buurland geregistreer. In Malawi is daar 12 500 en in Niger 2 000.
Die verslag, Trade Update 2018 - Sub-Saharan Africa in Focus, is geskoei op die jongste beskikbare inligting en strek van 2013 tot 2015.
Namibië is die derde grootste wapenuitvoerder in die streek. Sowat US$3,4 miljoen se kleinkaliberwapens was in dié tydperk vir buurlande bestem. Botswana (34%), Suid-Afrika (33%) en Zambië (15%) was die vernaamste uitvoermarkte vir dié wapens.
Luidens die verslag was Namibië van 2013 tot 2015 die vierde grootste invoerder van kleinkaliberwapens in die streek. Sowat US$32,2 miljoen se kleinkaliberwapens is ingevoer.
Namibië het 77% van alle kleinkaliberwapens van Rusland af ingevoer, gevolg deur 10% van Amerika en 7% van Duitsland.
In die tydperk onder oorsig het Rusland US$17,5 miljoen se kleinkaliberwapens na die streek uitgevoer. Hiervan was US$16,7 miljoen uitvoere na Namibië, luidens die verslag.
Vervaardiging
Om te bepaal of lande in die streek kleinkaliberwapens vervaardig, is ‘n uitdaging, aangesien beskikbare inligting weersprekend is, aldus UN Comtrade.
Namibië, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en Mali het die verslagsamestellers meegedeel hulle vervaardig geen kleinkaliberwapens, onderdele of ammunisie op ‘n nywerheidskaal nie.
Onafhanklike bronne dui egter op sulke vervaardiging in dié drie lande, sê UN Comtrade.
Tradisioneel is daar ‘n gebrek aan openhartigheid in die streek oor die vervaardiging van kleinkaliberwapens. Dit kniehalter pogings om verskaffers en die vloei van volumes te bepaal, luidens die verslag.
Monitering sal na verwagting verbeter met 22 lande in die streek wat reeds deel van die wapenhandelsooreenkoms (ATT) is. Dié ooreenkoms vereis dat lande hul in- en uitvoere van kleinkaliberwapens verklaar.
Meer lande sal in die toekoms na verwagting die ATT onderteken.
Die Namibiese polisie het vroeër vanjaar gesê meer as 50 000 vuurwapenlisensies is die afgelope nege jaar uitgereik – ‘n gemiddeld van 6 000 lisensies per jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie