Topwedstryd eindig in wanorde

’n Potensieel opwindende wedstryd is deur enkelinge se gebrek aan dissipline in die wiele gery.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Die voortydige eindfluitjie vanweë ’n bakleiery in die Namibië Rugby-unie premierligawedstryd tussen FNB Unam en Trustco United het Saterdag almal stomgeslaan wat daarby betrokke was.

So ’n gebeurtenis sou nie voorspel kon word in die kragmeting tussen twee van die land se bes gedissiplineerde topklubs nie – boonop met die fluitjie in die hande van mnr. Stephan Kellerman wat as waarskynlik die land se beste beskou word.

Kellerman het die wedstryd voortydig beëindig ná minder as agt minute speeltyd in die tweede helfte, met Unam die voorlopers met 19-9.

Die vonk was ’n omdopduikslag wat United se haker, Gerhard Thirion, op Unam se flank Cameron Langenhoven uitgevoer het. Die spelers naaste aan die aksie het dadelik in ’n geruk-en-pluk betrokke geraak en sommiges het glo hande in mekaar se gesig gedruk.

Teen die tyd dat die vrede herstel is, het Kellerman omtrent drie minute later in oorleg met sy grensregters twee spelers van elke kant afgestuur. Aan United se kant het slot Thomas Kali en Thirion rooi kaarte gekry, terwyl Unam hul haker Bigman Kaura en stut Simon Kanime verloor het.

Dié viertal was egter nog besig om van die veld af te draf, toe ’n woordewisseling tussen hulle opnuut die humeure laat opvlam het. Kaura het klaarblyklik gereageer op iets wat Kali in sy rigting kwytgeraak het.

Die vuiste is van voor af geswaai en enkele medeveglustiges, maar grootliks die vredemakers het dadelik ingestorm. Kellerman het hierop besluit die gemoedere loop te hoog om die wedstryd te laat voortgaan en het sy eindfluitjie geblaas.

Tot in daardie stadium was Kali gereeld in die hitte van die stryd teen sy voormalige klubmaats. Kort voor die omstrede einde het hy ’n stamp teen die kop gekry, wat die wedstrydbeamptes laat beraadslaag het of hy vir ’n harsingskuddingtoets die veld moes verlaat. Sy heethoofdige optrede sal hom waarskynlik ’n skorsing en ’n tyd lank op die kantlyn besorg.

Die voortydige einde en rooi kaarte kan die dissiplinêre komitee van die NRU vandeesweek besig hou om al die gebeure te ontrafel.

AKSIEBELAAIDE STRYD

Met sy voorsprong van tien punte sou Unam, reeds met drie drieë teen nul, die oorblywende minute met groot selfvertroue aangepak het en sou veral van sy reserwebank verwag het om die pap al hoe dikker aan te maak en die maksimum bonuspunte te jaag.

United was nog geensins begrawe nie, maar hul enigste punte was drie strafdoele deur Denzo Bruwer, voormalige nasionale o.20-losskakel, wat met ’n meer gespierde liggaamsbou van sy tydperk by die Blou Bulle teruggekeer het en as United se aanwins op binnesenter ingespan is.

Teen ’n sterkerige wind het Bruwer drie uit drie pale toe behaal, wat een van die kantlyn af en een van die middellyn af ingesluit het.

Hierteenoor het Unam met goeie fasespel drieë deur die flank Cameron Langenhoven, agtsteman en kaptein Prince !Gaoseb en linkervleuel Oderich Mouton behaal. Losskakel Delron Brandt het twee doelskoppe bygevoeg.

United het sy agtsteman en kaptein Dean Blom in die eerste helfte met ’n handbesering verloor, met Naudé Neethling wat in sy plek opgestuur is.

Vreemd genoeg het Kellerman die rustydfluitjie ook voortydig (ná 35 minute, eerder as 40) geblaas. Tussen die twee helftes het hy en sy medebeamptes by navraag nogtans voet by stuk gehou dat hul tydhouding vir 40 minute in die kol was.

REHOBOTH VOORLOPER

FNB Rehoboth het enige twyfelaars wat moontlik ’n insinking te wagte was nadat David Philander as afrigter vertrek het, verkeerd bewys met sy tweede oorwinning in twee naweke.

Rehoboth se tuissege met 18-12 teen FNB Wanderers volg op die vorige naweek, toe hy met ’n bonuspuntsege van sy besoek aan FNB Kudus op Walvisbaai weggekom het.

Die uitslag plaas Rehoboth op nege ligapunte – die vroeë voorloper teen Grootfontein (6 ná een wedstryd), Kudus (5 ná een), Wanderers (5 ná twee) en Unam (4 ná een). United, Western Suburbs en Reho Falcon het nie ’n ligapunt tydens hul enkele verloorwedstryde aangeteken nie.

“Soos ons verwag het, was die stryd voorlangs teen Wanderers baie fisiek, maar ek is nogal verbaas dat ons ouens nie ’n tree terug gegee het nie,” sê Rehoboth se afrigter, Johann Wohler.

Wohler moes Vrydag die samestelling van sy agterlyn verander toe sy losskakel Henrique Olivier hom moes onttrek, omdat hy die vorige naweek teen Kudus deur ’n opponent se kop teen die borsbeen getref is. Ascher Coetzee is van skrumskakel na losskakel verskuif en die 9-trui is deur Samile Loubser ingeneem.

Ná vyf minute speeltyd het Rehoboth ook sy buitesenter Hillian Beukes met ’n dyspierbesering verloor, maar sy plaasvervanger Shaun Mouton was later een van die driedrukkers. Nog ’n drie deur die slot Conwill Draghoender, saam met ’n doelskop en twee strafdoele deur Ascher Coetzee was die Rooi Bulle se punte vir die dag.

“Agterlangs het beide spanne met spoed aangeval en die tempo was nogal hoog. Wanneer Wanderers deurgebreek het, het ons dekverdediging darem bygekom om sake te red, terwyl ons ondersteunende spel ook bietjie beter was. Ons vooraf werk om hul dryfmaalbewegings te stuit, het ook vrugte afgewerp.

“Beide spanne het twee drieë gedruk en ons twee vroeë strafdoele was uiteindelik die deurslaggewende verskil,” sê Wohler.

Hy beskou Rehoboth se flank Boris Majiedt as sy speler van die wedstryd, wat veral goed met die baldraer-agtsteman Cameron McNab en sy medeflank Francois Visagie gekombineer het.

Aan Wanderers se kant het die senter Bernie Hugo uitgeblink en ’n drie gedruk, terwyl skrumskakel Jacques Theron ’n drie en ’n doelskop bygevoeg het.

VOLPUNTE VIR GROOTFONTEIN

Vier drieë deur hul flank en kaptein Wikus Jacobs was deel van FNB Grootfontein se oorheersing met 51-26 teen FNB Reho Falcon.

Die noordespan het in hul eerste wedstryd sewe drieë ingeryg om te verseker dat hulle twee bonuspunte saam met die vier vir die wen beklink.

Agtsteman Amutenya Amutenya, losskakel Louis Grobbelaar en linkervleuel Ian Malan was die wenspan se ander driedrukkers, terwyl heelagter Ronald Deck se korrel fyn ingestel was met ’n foutlose sewe doelskoppe en een strafdoel vir 17 punte.

Aan die kant van Reho Falcon is drie drieë gedruk, naamlik deur agtsteman Corbin Benade, skrumskakel Miquel Busch en die plaasvervanger. Losskakel Franklin Busch was ’n staatmaker met ’n skepdoel, twee doelskoppe en twee strafdoele.

Jacobs sê dit was ’n skoon wedstryd sonder insidente, hoeweldit met tye sonder te veel struktuur losgetorring het.

“Daar was ’n klompie aanslae, soos ’n mens miskien in jou eerste ligawedstryd van die jaar kan verwag.

“Reho Falcon was voorlangs bietjie jonk en aan die ligte kant en ons het hulle in die skrums en met dryfmale oorweldig. Hulle het waarskynlik ook nie soveel rugby saam gespeel as ons nie.

“Ronald Deck het baie goed geskop en geen afstand of hoek was vir hom te moeilik nie. Ons het wel ons haker Kazepurua Maurihungirire met harsingskudding verloor toe sy kop teen ’n opponent se knie gestamp het.

“Ons is deeglik bewus dat dit ’n perd van ’n ander kleur sal wees wanneer die gesoute kampioenspan van Unam komende naweek by ons besoek kom aflê.”

• Komende Saterdag se bepalings (tuisspanne eerste): FNB Grootfontein tn FNB Unam; FNB Wanderers tn FNB Kudus; FNB Rehoboth tn FNB Western Suburbs.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.17/OZ DOWN -0.0047 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.31/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 908.08/OZ DOWN -0.0139 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.17/OZ DOWN -0.0047 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.31/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 908.08/OZ DOWN -0.0139