Topswemmers eindig sterk

Namibië het drie uit die agt ludorum-toekennings opgeraap.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Met 'n sterk eindpoging oor die laaste drie dae het die Namibiese span die gaping grootliks laat krimp waarmee Suid-Afrika as wenner van die Konfederasie van Afrika-swem (CANA) se Sone 4-kampioenskap in Olympia uit die stryd getree het.

Namibië se besluit om as gasheerland 'n groter span as gewoonlik in te skryf met die strewe om die algehele kompetisie te wen, het vrugte afgewerp toe hy saam met Suid-Afrika die kompetisie tussen altesame 14 lande oorheers het.

Ná die eerste twee kompetisiedae was Suid-Afrika loshande voor (40 medaljes, 19 goud) teen Namibië se 18 medaljes (4 goud), maar met die afsluiting ná dag vyf Woensdag was die eindtelling van die medaljetotale: RSA 102, Namibië 90.

Dié medaljetotale was vir die swem, oopwaterswem en waterpolo. Derde was Mauritius (47) en vierde Zimbabwe (39).

Namibië se topswemmers het ook met drie van die agt ludorum-toekennings vir die kampioenskap weggestap.

Heleni Stergiadis was die victrix ludorum vir die meisies 15-16 jaar ouderdomsklas (36 punte), terwyl José Canjulo die victor ludorum-prys vir seuns 13-14 gekry het (44 punte).

Spankaptein Ronan Wantenaar het selde sy gelyke teëgekom tussen die seuns van 17 jaar en ouer en is as dié groep se victor ludorum aangewys (37 punte).

Stergiadis se goue medalje in die 200 meter rugslag is in 'n nuwe Sone 4 kampioenskapsrekord van 2 minute 29.33 behaal.

In individuele resiese, asook aflosse, was dié drietal asook die 14-jarige Mikah Burger, Quinn Ellis (12), Oliver Durand (11), Ariana Naukosho (11), Zuné Weber (17), Ju-Ané Oberholzer (17), Corné le Roux (16), René Viljoen (17) en andere gereeld op die podium.

Benewens die Namibiese uitblinkers, was die ander vereerde swemmers soos volg:

Victrix ludorum, 12 en jonger: Vhenekai Dhemba (Zimbabwe) – hoogste algehele individuele puntetotaal met 58.

Victor ludorum, 12 en jonger: Ivan Hart (Kenia) – 42 punte.

Victrix ludorum, 13-14 jaar: Lise Coetzee (RSA) – 40 punte.

Victor ludorum, 15-16 jaar: Cameron Casali (RSA) – 43 punte.

Victrix ludorum, 17 jaar en ouer: Lia Ana Lima (Angola) – 45 punte.



NALATENSKAP

Die president van die Namibiese Swemfederasie, mnr. Wilfried Poser, het by die afsluitingseremonie gesê die gasheerunie het spesiale toerusting verkry wat 'n belowende nalaten­skap vir die plaaslike sport is.

“Die ondervinding wat ons ouers, beamptes en vrywilligers agter die skerms opgedoen het om die reëlings van so 'n groot kampioenskap vlot te laat verloop, is ook 'n positiewe aspek vir ons.

“Dit is nodig dat ons meer aandag gee aan die oopwaterswem en waterpolo – kodes wat in Namibië relatief nuut is en waar baie van ons atlete vir die eerste keer werklike blootstelling gekry het. Ek hoop van harte dat die Namibiese Swemfederasie daarin slaag om die stimulasie van die laaste dae te gebruik om ons getalle en ook ons vaardighede verder uit te bou.”



WATERPOLO

Zimbabwe se vrouespan het 'n dramatiese goue medalje verower, deur Suid-Afrika se o.16-span in die finaal te verslaan. Die gewone speeltyd het op 7-7 geëindig en die valbylskote kon die spanne op 4-4 ook nie skei nie.

Eers toe die “goue” valbylskoot toegepas is, het die Zimbabwiërs die wenpunt behaal.

Die manskompetisie is deur die SA o.16-seuns gewen, met 'n sege van 12-5 teen Zimbabwe se o.18's.

Die nuwelingspan Namibië het op die eerste dag met 19-1 teen die SA o.16-seuns verloor en met 19-7 teen die Zimbabwe o.18-seuns.

• Volgende jaar se Sone 4-kampioenskap sal deur Botswana aangebied word.

• Sonder enige werklike ruskans het die Bank Windhoek Namibiese nasionale langbadkampioenskap reeds gister by die Olympia-swembad begin.

Altesame 177 swemmers van klubs oral in die land, insluitend Oranjemund en Swakopmund, het ingeskryf vir die gesogte kampioenskap wat tot Sondag voortduur.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 335.91/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 841.60/T UP 1.41% | Brent Crude Oil US$ 87.74/BBP DOWN -0.0067 | Platinum US$ 905.06/OZ DOWN -0.0053 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 335.91/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 841.60/T UP 1.41% | Brent Crude Oil US$ 87.74/BBP DOWN -0.0067 | Platinum US$ 905.06/OZ DOWN -0.0053