Topklas afrigters deel van 26ste QSB-kamp
Topklas afrigters deel van 26ste QSB-kamp

Topklas afrigters deel van 26ste QSB-kamp

Nie sommer elke verskoning is goed genoeg om dié geleentheid mis te loop nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Vir die 26ste opeenvolgende jaar begin die QSB Marathon Sugar oefenkamp en afrigtings­kliniek vandag vir alle belangstellendes in baan- en veldatletiek wat by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek hul kennis wil verbreed.

Die oefenkamp wat tot Sondag sal voortduur, is oop vir atlete vanaf sesjarige ouderdom tot op senior vlak en is ook 'n gulde kans vir afrigters op alle vlakke.

“Wyle Quinton-Steele Botes het hierdie oefenkamp 26 jaar gelede begin en het sy droom bewaarheid en die geleentheid gevestig om atlete en afrigters in Namibië aan topklas afrigting bloot te stel.

“Sy eerste oefenkamp is deur 25 onderwysers bygewoon en hy het drie afrigters uit Suid-Afrika en een uit Duitsland hierheen laat kom,” vertel me. Leoni van Rensburg.

“Ná sy afsterwe het ek die verantwoordelikheid oorgeneem om die kamp te laat voortgaan. Al die borge het bevestig dat hulle steeds as rolspelers van die kamp voortgaan. Sonder borge sou dit nie moontlik wees nie en dit is van groot belang vir die ontwikkeling van Namibiese atletiek.”

Ruimhartige borge soos Marathon Sugar, Avis Car Rental, Coca-Cola Bottling Company, Food Lovers Market, Caterserve, Bank Windhoek, OTB Sport, Safari Hotel, Pick & Pay en Olympia Liquor Shop is aan boord ter ondersteuning van die QSB-oefenkamp.

'n Opwindende groep afrigters is onder meer uit Johannesburg ingebring vir die visie om atletiek in Namibië te laat floreer.

“Ons ondersteun graag Quinton se droom om die beste geleenthede vir die ontwikkeling van die minder bevoorregte atlete uit selfs die verste uithoeke van Namibië te skep. Vir hierdie 26ste kamp het ons verskeie spesiale ekstras in die mou,” sê Van Rensburg.

By die QSB oefenkamp en afrigtingskliniek sal sewe hoofafrigters aan die stuur van die onderskeie dissiplines wees, naamlik:

Jonathan Greyvenstein, hoogspring: 35 jaar ondervinding as afrigter van onder andere Charmaine Gayle (Afrika-rekordhouer), Jacques Freitag (driemalige wêreldkampioen) en meer as twintig SA kampioene.

Charley Strohmenger (200 en 400 m naellope): 23 jaar ondervinding as afrigter van Karen May (SA rekordhouer), vyf wêreldkampioene, drie Olimpiese deelnemers, een medaljewenner by 'n wêreldkampioenskap, 26 SA senior kampioene en 48 SA junior kampioene.

Linly de Beer, diskusgooi en gewigstoot: 34 jaar ondervinding as afrigter van 72 Suid-Afrikaanse kampioene en mentor van meer as 2 000 afrigters.

Roger Haitengi, verspring en driesprong: Namibiese rekordhouer in driesprong (16.78 meter); bronsmedaljewenner by die 2014 Afrika-kampioenskap; agtste by die 2018 Statebondspele en 'n atleet wie se loopbaan vanaf skoolvlak tydens die QSB-oefenkamp geslyp is.

Deon Brummer, gewese Springbok langafstandatleet in die 1980's met meer as 35 jaar ondervinding in die sport.

Van die bekende eregaste wat by die geleentheid ontmoet kan word, sluit in Namibië se huidige sportvrou van die jaar en gouemedaljewenner in die marathon by die 2018 Statebondspele, Helalia Johannes.

Verskynings deur Henri Schoeman, die Suid-Afrikaner wat verlede jaar in Australië die Statebond-goud in die mans triathlon verower het, asook Namibië se belowende jong wêreldklas Jean-Paul Burger word as deel van hul oefenprogram verwag.

Die program:

VANDAG: Registrasie 13:00, amptelike opening en oefensessie.

MôRE TOT SONDAG: oefensessies daagliks vanaf 08:00.

Registrasie beloop N$450 vir kinders vanaf vier jaar tot senior primêre vlak, of N$480 vir die hoërskool- tot gevorderde senior atlete, asook N$480 vir die afrigterskursus.

Vir navrae kan Leoni van Rensburg by 081 127 1193 of [email protected] bereik word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!