Tollende voertuig trek meters deur lug

16 September 2021 | Misdaad
Tanja Bause – 'n Land Cruiser van die polisie met die registrasiemerk POL 6230 het gister om 08:00 net ná die Katutura-brug op die ­westelike ­verbypad verongeluk.

Die voertuig het verskeie kere oor al vier die bane en die middelman gerol voordat dit 'n afritbord getref en op sy sy te lande gekom het.

Volgens hoofinspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder van die ­Namibiese polisie, het die ­bestuurder, adjudant-offisier Naft-Everest Mbaeva (39), beheer oor die voertuig verloor. Hy is op slag dood.

Die polisie het bevestig daar was ook 'n vrou in die voertuig wie se besonderhede in 'n latere stadium verskaf sal word.

“Die voertuig was deel van die huidige streekbevelvoerder van die Khomasstreek, kommissaris Ismael Basson, se vloot. Die adjudant-­offisier was aan diens.”

'n Man het berig dié voertuig was een van drie voertuie met POL-registrasienommers wat teen 'n baie hoë spoed verby hom by die Brakwater-weegbrug gejaag het. Hy het aangery en op die ongeluk afgekom.

Nog 'n ooggetuie het gister vertel hy was op die glipweg toe hy sien die voertuig kom teen 'n “vreeslike spoed” onderdeur die Katutura-brug oor die westelike verbypad.

“Hy was in die linkerbaan en het skielik na regs geswenk. Toe die voertuig die grondstrook tussen die twee bane tref, het dit begin tol. Daar was net een groot stofwolk,” vertel hy.

Volgens die ooggetuie het die voertuig deur die lug getrek teen die tyd toe dit die regterbane getref het.

Dit het die afritbord langs die pad getref en uiteindelik meters van daar op sy sy te lande gekom.

Hy sê die bestuurder “het minstens 160 km/h in 'n 80 km/h-sone gery”.

“Daar was geen konvooi nie en namate ­inligting beskikbaar word, sal ons dit deel. 'n Ondersoek is van stapel gestuur wat die spoed van die voertuig sal bepaal,” het die polisie se woordvoerders gesê.

[email protected]

FOTO
Die Land Cruiser van die polisie het etlike meter oor die Westelikeverbypad se vier bane en die middelman getol, die afritbord getref en uiteindelik op sy sy te lande gekom. Foto Tanja Bause

Soortgelyk

 

Minister vra verligting vir boere

17 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het die Nasionale Vergadering (NV) gister versoek om aan boere grondbelastingverligting van...

Verdediging terug onder OG se skoot

17 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – 'n Spook-attaché in Kinshasha wat vergoed is en belastinggeld wat gebruik is om salarisse by August 26 te betaal, is van die...

Weer vir 21 Oktober 2021

17 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie van meer as 50 mm kan in die oostelike dele van die ||Kharasstreek voorkom.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in...

Saara sien lig in korrupsietonnel

17 ure gelede | Misdaad

Die inhoud van Namibië se nuwe konsepplan teen korrupsie vir 2021-'25 bevat volgens eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila talle positiewe tekens dat hierdie vyand van ­welvaart...

Dippenaar-verhoor hervat in Julie 2022

17 ure gelede | Howe

Adolf Kaure in Swakopmund – Na twee dae se getuienis is die verhoor waarin mnr. Jandré Dippenaar op ses klagte van moord tereg staan, gister...

Kalkrand oorleef op druppels

17 ure gelede | Maatskaplik

Augetto Graig – Die klein en arm gemeenskap van Kalkrand moet al bykans drie weke lank met net druppels water oor die weg kom nadat...

Reën kan tot môre duur

17 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik dat wydverspreide donderbuie vandag (Donderdag) in die oostelike dele van die ||Kharasstreek kan voorkom, wat...

Regter roskam ‘homofobiese’ ministerie

17 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Hoërhofregter Thomas Masuku het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se “diskriminasie teen selfdegeslagpaartjies” veroordeel. Toe hy in sy...

Sterftekoers onder swanger vroue te hoog

17 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Hoewel belangrike vooruitgang met 'n afname van 40% in die sterftekoers vir swanger vroue en pasgebore babas die afgelope twee dekades gemaak...