Toiletplan skop die emmer
Toiletplan skop die emmer

Toiletplan skop die emmer

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Harambee-beloftes dat die emmerstelsel in die Namibiese Huis teen die einde van 2017 iets van die verlede sou wees, was so leeg soos die regering se beursie.

Die finale verslag van die Harambee-welvaartsplan (HPP) wat gister tydens ’n beplanningsessie vir HPP2 uitgedeel is, toon net 1 373 uit 1 856 emmertoilette in Hardap, ||Kharas, Otjozondjupa, Omaheke en Kunene is met spoeltoilette vervang. Hoewel Kunene deel van die teikengroep was, is nie ’n enkele emmertoilet in dié streek vervang nie.

Pres. Hage Geingob het Harambee in April 2016 as sy wapen teen armoede en ongelykheid in sy eerste termyn van stapel gestuur.

Deel van die plan was ook om die werklose jeug in te span om altesaam 50 000 toilette in die 14 streke van die land te bou.

Die regering het egter die pot heeltemal misgesit wat sy geldsake betref. “Finansiële beperkings” het sy toiletplan vertraag, luidens die HPP-verslag.

Gevolglik is net 3 546 toilette in totaal in 13 streke gebou. Nie een toilet is tydens Harambee se vier jaar van 2016/17 tot 2019/20 in die Kunenestreek gebou nie.

‘Fundamentele behoeftes’

Volgens die Covid-19-noodreaksieprogram, ’n inisiatief van Development Workshop en die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), moet sowat 50% van inwoners van informele nedersettings in die land weens die gebrek aan geriewe die natuur as hul toilet gebruik.

Die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) skat daar is tans meer as 990 000 mense wat in informele nedersettings landswyd bly. Bogenoemde twee syfers beteken meer as 400 000 mense het dus steeds geen ander keuse as om in die openbaar te ontlas nie.

In sy voorwoord van die HPP-verslag sê Geingob: “Die HPP poog om te verseker dat elke Namibiër toegang tot basiese geriewe vir oorlewing het. Die doel is om in die mees fundamentele behoeftes te voorsien om elke Namibiër is staat te stel om hul volle potensiaal te bereik en te floreer.”

Om openbare ontlasting te help verminder, het die regering N$10 miljoen in 2020-’21 vir die oprig van basiese sanitasiegeriewe in die hele land bewillig, toon die ontwikkelingsbegroting.

Hiermee wil die regering beter sanitasie in landelike gebiede van 28% in 2016 tot 40% teen 2022 verhoog en van 77% tot 87% in stedelike gebiede.

Die jongste ontwikkelingsbegroting toon altesaam 39 projekte vir die voorsiening van water, elektrisiteit, rioolgeriewe en paaie wat grotendeels lê en stof vergader. Van dié projekte is sedert 2013 op die begrotingsboeke. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!