Toeroperateurs ploeg terug

Francoise Steynberg
Die toeroperateurs van Namibia Media Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) van 2016 het hul prysgeld in gemeenskapsprojekte teruggeploeg.

Tourvest Destination Management Namibia/Sense of Africa het as wenner by verlede jaar se Toerisme Ekspo N$25 000 ontvang, die naaswenner, Ultimate Safaris, het N$15 000 gekry, en Pack Safaris in die derde plek N$10 000.

Tourvest Destination Management Namibia/Sense of Africa het hul prysgeld vir die Biskop Dr. Z. Kameeta-kindergarten aangewend.

Dié niewinsgewende dagsorg en preprimêre sentrum vir weerlose kinders in Golgotha, Katutura, in die hoofstad, is deur me. Anna Fredericks gestig en word sedert 2009 deur dié toeroperateur ondersteun.

Tourvest Destination Management Namibia/Sense of Africa het met hul prysgeld plaveiselstene, sand en ander boumateriaal gekoop om die hele erf van die kindergarten te plavei. Toekomstige projekte is om die kindergarten na 'n nuwe, groter erf in Katutura te skuif en dit amptelik as 'n kindergarten te registreer. Seuns en meisies wat matriek geslaag het en 'n belangstelling in toerisme toon, sal die geleentheid hê om met 'n opleidingsprogram by Tourvest Destination Management Namibia te begin.

Ultimate Safaris het 'n gesamentlike vennootskap met die //Huab- kommunale bewaringsgebied onderneem en 'n mobiele kamp in samewerking met die Red die Renosterfonds gebou vanwaar renostersbewaarders renosters volg. Hierdie nuwe onderneming skep ’n lewensvatbare inkomste vir die plaaslike gemeenskappe terwyl dit die beskerming van hierde bedreigde spesie verseker.

Dit het die toestande in die veld vir renosterbewaarders verbeter wat tot vier weke in die veld bestee. Toerusting vir 'n radiotoring is aangekoop om kommunikasie met die hoofkantoor van SRT by Palmwag te verbeter en om reaksietyd te verbeter.

Gidse het opleiding ontvang en waterpunte is opgerig waar renosters in die droogte kan water drink. Kampeergeriewe is ook opgegradeer.

Pack Safaris het meer as hul prysgeld aan die tweede fase van bouprojek aan die Ngatuve Vatere-weeshuis naby Kalkfeld gegee.

Die weeshuis se geboue is geverf, loodgieterswerk van beide geboue is opgeknap, vensters is vervang en met diefwering toegerus, gordynrelings is opgesit, al die kamers het ligte en gloeilampe gekry, deure en deurslotte is geïnstalleer en die lekkende dak is reggemaak.

Die koste vir die boumateriaal, bouer, elektrisiteit en tent het meer as N$75 000 beloop. Pack Safaris het N$20 000 bygedra en Chamäleon meer as N$55 180. Skenkings van Chamäleon en Kinder in Not van meer as N$804 071 sedert 2014 is reeds bestee aan kos, vervoer, matrasse, skooluniforms, mediese koste, boeke, speelgoedrakke, konstruksie en 'n sonkragstelsel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!