Toernooie hard vir skoolseuns
Skolerugby
Andrew Poolman - In oggendtemperature onder vriespunt was die lewe ongenaakbaar vir die twee Namibiese skolerugbyspanne wat op Kimberley aan jaarlikse provinsiale toernooie deelneem.
Die Namibiese laerskoolspan het in sy eerste twee wedstryde by die onder 13 Cravenweek teen twee gerekende spanne te staan gekom en het op opeenvolgende dae teen die Suidwestelike Distrikte (24-0) en die Luiperds (27-0) verloor.
“Ons seuns het goed gevaar in die vaste fasette, maar hul teenstanders se voordeel van fisieke grootte en meer wedstrydtyd saam het die verskil gemaak,” sê die o.13's se spanbestuurder, mnr. Rialdo van Wyk.
Ná Maandag se wedstryd teen SWD het die stut Joshua Bester harsingskudding opgedoen, wat sy deelname aan die res van die toernooi beëindighet. In sy plek het Heinrich Geldenhuys hom intussen by die span aangesluit.
Die Namibiese o.16-span by die Grant Khomo-week het Maandag met 57-7 teen die Griffons van Noord-Vrystaat verloor. Die enigste drie vir die verloorders is deur Rowan Jansen gedruk en deur Raschano van Rooi verdoel.
Die twee spanne op Kimberley het 'n vroeë terugslag gekry toe van hul klerasie (sweetpakke en speelbroeke) nie saam met hulle op Kimberley aangekom het nie. Volgens mnr. Sollie Duiker van die Namibiese Skolesportunie het die speelbroeke per abuis in Windhoek agtergebly, maar is dit intussen na Kimberley aangestuur.
Vir die trotse openingsparade het die Namibiërs egter in langbroeke en hemde, eerder as in sweetpakke aangetree. Die koerant verneem dat net enkelinge teen gister nog hul sweetpakke ontvang het.
Donderdag vertrek die Namibiese hoërskoolspan ook na die o.18 Akademieweek in die Paarl, waar hulle Maandagoggend om agtuur in hul eerste wedstryd teen die Rooi Valke uitdraf. Die Namibiërs is baie gemotiveerd om hul stempel af te druk ná die skop in die tande dat Namibië ná meer as 50 jaar eensydig uit die o.18 Cravenweek weggelaat is.
By die drie nasionale skolespanne se oorhandiging van nasionale kleure verlede week is die belangrike rolle van Coca-Cola as borg, die regering en die ouers geloof wat die toere moontlik help maak.
Die seuns is aangemoedig om nederig te bly, hul rugby te geniet en die land se naam hoog te hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie