Toeriste se veiligheid van belang
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het vanoggend tydens 'n nuuskonferensie in die hoofstad aangekondig dat 'n spesiale polisie-eenheid vir toeristeveiligheid in die Windhoekse stadspolisie gevestig gaan word.
Kringtelevisiekameras sal ook by sekere gevaarpunte in die hoofstad opgerig word. Shifeta sê egter meer as dit moet gedoen word om misdaad teen toeriste te takel. Sy ministerie gaan ook 'n uitgebreide strategie vir toeristeveiligheid ontwikkel.
Dít volg na onlangse aanvalle en rooftogte teen Suid-Afrikaanse toeriste by Duin 7 en Duitse toeriste in die hoofstad.
"Ons is almal verplig om Namibië se goeie beeld as een van die wêreld se gewildste toeristebestemmings te beskerm," het Shifeta gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie