Toeriste red gestrande dolfyne
'n Skool dolfyne wat by Pelikaanpunt strand toe geswem en hulpeloos in die vlak water geplas het, is Vrydag deur toeriste gered wat die petalje van 'n boot in die baai gade geslaan het.
Mnr. Ruan Geyser van Levo Dolphin Tours vertel die mense op sy besigtigingstoer by Walvisbaai het gevoel hulle kan nie die dolfyne aan hul lot oorlaat nie en het afgespring om dié soogdiere te help.
"Ons het geen idee waarom die dolfyne strand toe geswem het nie," sê hy.
Republikein het pas ná die reddingsaksie Vrydag 'n video op Facebook geplaas wat wys hoe die groot aantal dolfyne in die vlak water plas. Die water het geleidelik dieper geword en die helpers kon van die boot afspring om hulle te gaan red. Die toeriste het die dolfyne aan hul sterte dieper die water ingetrek sodat hulle weer na die diepsee kon swem.
'n Soortgelyke voorval het vroeg in April op 'n strand naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap plaasgevind. Veertien dolfyne is dood op die strand gevind. Dit was sowat 'n jaar nadat 38 dolfyne op presies dieselfde plek gestrand het, het Netwerk24 op 6 April berig.
Volgens mnr. Greg Hofmeyr, mariene bioloog van die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth, word vermoed die dolfyne se sonarstelsel (eggo-posisionering) het hulle in dié spesifieke omgewing in die steek gelaat.
Hofmeyr het aan Netwerk24 gesê dolfyne swem normaalweg in die diepsee en wanneer hulle in die vlakwater beland, sukkel hulle om te navigeer. “In so 'n geval kan dit wees dat een dolfyn op die strand beland en dat die ander hom vanweë hul sterk sosiale bande volg om die gestrande dolfyn te probeer help.”
Hierdie teorie is gegrond daarop dat massastrandings dikwels op plekke met soortgelyke geografiese kenmerke voorkom. Dit is meestal 'n strand wat geleidelik vlak word.
“Ons vermoed dolfyne sukkel om die geleidelike verandering deur hul eggo-posisionering waar te neem,” het hy volgens dié berig op Netwerk24 se webblad gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie