Toeriste op Kamanjab aangerand, beroof
Toeriste is Donderdag by twee verskillende kampeerterreine op Kamanjab beroof.
By die Porcupine-ruskamp is toeriste ook met klippe bestook en met 'n graaf aangerand, volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag.
"Drie verdagtes het omstreeks 22:30 twee paartjies wakker in hul tente gevind, hulle aangeval en van hul besittings ter waarde van N$85 100 beroof," sê die polisie.
"Die voetspore van die verdagtes is vanaf die toneel gevolg en het gelei tot die inhegtenisneming van 'n 23-jarige verdagte sowat 35 km vanaf Kamanjab op die hoofpad na Outjo."
Die verdagte is glo met van die gesteelde items in sy besit gevind, asook dié van ander toeriste.
Die ander twee verdagtes is nog op vrye voet en die soektog na hulle duur nog voort.
By Ann's-kampeerterrein het drie verdagtes by toeriste se voertuig ingebreek en hul besittings ter waarde van byna N$50 000 gesteel.
Volgens die polisie is niemand in hegtenis geneem nie en geen gesteelde items teruggevind nie. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie