Toeriste in Hardap beroof
Francoise Steynberg - Buitelandse toeriste is in twee afsonderlike voorvalle Saterdag in die Hardapstreek beroof.
Die eerste voorval het omstreeks 01:15 by die Kalahari Red Dune Lodge naby Kalkrand plaasgevind toe drie mans glo ’n Switserse toeristepaartjie se kamerdeur oopgebreek het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die paartjie op die bed vasgemaak en hul kamer geplunder.
"Die verdagtes het op die vlug geslaan met 'n beursie met R4 000 se kontant, 200 Switserse dollars en 200 euro’s, asook bankkaarte, paspoorte, oorbelle, 'n trouring, 'n sak met klere, 'n digitale kamera en selfoon," lui die verslag.
Nadat die saak by die polisie aangemeld is, is die verdagtes se voetspore gevolg en die beursie met bankkaarte, die selfoon en die sak met klere is opgespoor. Die verdagtes is steeds op vrye voet, maar die polisie het 'n soektog van stapel gestuur.
Die tweede voorval het omstreeks 15:00 sowat 12 km van Mariental af op die M29-grondpad tussen Mariental en Gochas plaasgevind.
"'n Silwer Volkswagen Polo-voertuig met 'n onbekende registrasiemerk en donker vensters met vier mans het glo 'n aankomende Toyota Rav 4 geblokkeer met 'n Suid-Afrikaanse registrasiemerk, HK86JWGP, met twee Duitse toeriste in," lui die verslag.
Die verdagtes het glo die Duitsers (60 en 53) met 'n mes aangehou en hulle van goedere ter waarde van N$81 000 beroof.
Niemand is al in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie