Toeriste in Bwabwata in skietvoorval gewond
Francoise Steynberg - 'n Skietvoorval het vanmiddag in die Bwabwata Nasionale Park plaasgevind waartydens plaaslike toeriste gewond is.
Dié bevestiging het vanaand van die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, gekom.
"'n Skietery het omstreeks 15:00 vandag in Bwabwata in die omgewing van Buffalo Camp plaasgevind. Niemand is dood nie en dit lyk of dit plaaslike toeriste is wat gewond is," het Kanguatjivi gesê.
"Die polisie se ondersoek duur voort en ons sal môre 'n amptelike verklaring oor die voorval uitreik."
Bwabwata word gereeld deur olifantstropers geteiken en Vrydag is 'n vermeende stroper in die park doodgeskiet, twee gewond en een Namibiese verdagte in hegtenis geneem wat Maandag in die landdroshof op Katima Mulilo verskyn het.
In 2016 is 101 olifante vir hul ivoor afgemaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie