'Toerisme sonder grense'

Die eerste Toerisme Netwerkkonferensie is deur Namibia Media Holdings voor die afskop van die Namibië Toerisme Ekspo aangebied.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Toerisme breek grense af, sê die uitvoerende hoof van Wesgro, mnr. Tim Harris.

“Toeriste sien nie grense nie, nie munisipale of streeksgrense nie. Hulle sou graag sonder immigrasie grensposte wou deurkruis. Werk saam met vennote oor grense heen - of dit nou landsgrense of distrikte is - om besoekers na klein dorpe te lok.”

Harris was een van die sprekers by die eerste Toerisme Netwerkkonferensie wat gister deur Namibia Media Holdings (NMH) voor die afskop vandag van die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) by die Windhoekse skouterrein aangebied is.

Hy sê die ontwikkeling van streeksroetes in Afrika - soos die Kaap na Namibië-roete - is belangrik en die doelwit is dat besoekers verder reis, langer bly en meer geld bestee.

“Toerisme is groot besigheid. Daar is 'n sterk skakel tussen toeriste, besighede en beleggers. Wat doen ons om toerisme in klein dorpe te bemark?” het Harris gevra.

“Maak seker om jou dorp se unieke bemarkingspunt te identifiseer en vertel jou besoekers daarvan. Gebruik die strategie van geleenthede soos onder meer fietstoere, voedselfeeste en kulturele en erfenisgeleenthede as 'n dorp se unieke bemarkingspunt.”

Harris het gesê stories word nou deur almal op sosialemediaplatforms vertel en bemarking gaan oor inhoud wat deur besoekers, gegrond op hul ervaring, vertel kan word.

Mnr. Ndangi Katoma, uitvoerende hoof van bemarking, transformasie en kliëntestrategie van Old Mutual Namibia wat die hoofborg van die NTE is, het gesê die Toerisme Netwerkkonferensie fokus op die klein dinge wat Namibiërs moet doen om toerisme te bevorder.

“Dit sal die klein dingetjies ondersoek wat saakmaak om ons as 'n land in staat te stel om ons toerisme te verbeter - van bewaring, dienslewering, toerisme in klein dorpe, verantwoordelike toerisme tot tegnologie - want al hierdie dinge maak saak,” het Katoma gesê.

“Die konferensie sal ons toerisme se mededingendheid na 'n volgende vlak neem en voortgaan om groot dinge saam te doen, want die klein dingetjies maak saak.”

Me. Seimy Christoph-­Shidute, die ministerie van die omgewing en toerisme se adjunk- permanente sekretaris van ­toerismebeplanning en administrasie, het gesê die statistieke van 2015 van internasionale en plaaslike toerisme dui op positiewe groei.

“Terwyl bewaring ons suksesstorie is, moet die volle potensiaal vir veral ons landelike gemeenskappe, nedersettings en klein dorpies nog ontwikkel word. Vir volhoubare toerisme moet ons meer aan toeriste bied as dieselfde produkte wat hoofsaaklik wildlewe, natuur­skoon en landskappe is.”

Christoph-Shidute sê toerisme kan 'n lonende sektor vir beleggers en entrepreneurs wees en is die enigste groeiende sektor tydens die ekonomiese onrus, maar die Namibiese toerismebedryf moet mededingend bly.

“Digitalisering is een van die grootste dryfvere van verandering vandag en ons kan nie bekostig om agter te bly nie. Digitale transformasie is 'n groot vereiste van kliënte.”

Sy het gesê sy is pas terug van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerismeorganisasie (UNWTO) se uitvoerende raadsvergadering waarvan Namibië 'n lid is, en prioriteitsgebiede in toerisme is innovering en digitale transformasie, belegging en entrepreneurskap, onderwys en werksgeleenthede, veilige toerisme en maatskaplike, kulturele en omgewingsbewaring.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066