Toerisme: N$100 miljoen vir oorsese bemarking

Erwin Leuschner op Swakopmund
Yandi Du Plessis
Erwin Leuschner



Swakopmund was gister die eerste om besonder­hede oor die regering se herlewingsplan vir toerisme te hoor.

Die konsepplan strek van 2022 tot 2024 en sal in komende weke landswyd aan belanghebbendes voorgelê word. Daarna sal dit aan die kabinet voorgelê word vir goedkeuring.

“Ons hoef nie doekies om te draai nie. Die gevolge van die pandemie was katastrofies,” het mnr. Sebulon Chicalo, direkteur van toerisme en dobbelary, gister by hierdie byeenkoms gesê.

Die plan lys vyf ­strategiese ingrypings en 14 beoogde programme.

“Ons kan nie wag dat die ­regering dit alleen doen nie. Ons moet almal hande vat,” het Chicalo gesê.

Een van die sentrale fokus­areas is “aggressiewe, internasionale bemarking” om toeriste van nuwe bronmarkte te lok – waarvoor N$100 miljoen begroot word. Die regering wil meer internasionale lugrederye na die land lok en Namibië op internasionale aanlyn platforms soos Netflix bemark.

Spesiale opleiding in gasvryheid vir doeane- en immigrasiebeamptes is deel van die plan.

Onder die vaandel “Bestemming Swakopmund” sal die sentrale kus in die land se toerisme-episentrum omskep word. Hiervolgens sal lugrederye aangemoedig word om eerder in Walvisbaai as in Windhoek te land.

"Windhoek bly Namibië se politieke hoofstad, maar Erongo sal die kern van toerisme wees,” het Chicalo gesê.

Nog 'n ingryping behels die modernisering vir data-insameling, want “met ordentlike statistieke kan jy goed beplan”.

Chicalo het die transnasionale park KAZA, die implementering van 'n oorgrensvisum (UniVisa) en die opgradering van die Mpacha-lughawe naby Katima Mulilo tot 'n internasionale lughawe uitgesonder as voorbeelde van die groot spoed waarmee hervorming moet geskied. “As ons nie vinnig optree nie, sal ons buurlande soos Botswana die besigheid kry”, het hy gesê.

Die plan lys ook inisiatiewe om plaaslike- en streekstoerisme te bevorder, byvoorbeeld deur middel van goedkoper toegangsfooie tot nasionale parke.

"Ons wil invlieg-safari's meer bevorder en byvoorbeeld toeriste in staat stel om in die toekoms direk in die Etosha Nasionale Park – naby Okakuejo of Namutoni – te land,” het Chicalo bygevoeg.

“Ons moet groot dink. Ons kan nie aanhou om dinge op klein skaal te doen nie,” het die direkteur gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!