Toerisme kan miljoene in VSA-mark verloor

Bedryf bekommerd oor 72 uur-reël

03 August 2021 | Toerisme
Ronelle Rademeyer - Die Namibiese toerismebedryf is bekommerd oor die impak wat die nuwe Covid-19-regulasies ten opsigte van die geldigheid van PCR-toetse as bewys dat toeriste nie die virussiekte het nie, op veral die Amerikaanse mark kan hê.

Toere van miljoene Namibiese dollar is gisteroggend binne bestek van enkele ure gekanselleer.

Toeriste moet nou binne 72 uur nadat die toets gedoen is, in Namibië aankom. Voorheen was dit sewe dae.

Indien die toets langer as 72 uur voor hul aankoms gedoen is, word hulle aan kwarantyn onderwerp, lui die gewysigde regulasies wat op 31 Julie in die Staatskoerant gepubliseer is.

“Ons is bekommerd oor die korter duur wat die toetse geldig is, al is dit die internasionale norm. Toeriste uit die VSA en ander wêrelddele wat nie direk hierheen kan vlieg nie, maar in ander lande aansluitingsvlugte moet kry, gaan dit sukkel om betyds hier aan te kom,” sê me. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN).

Sy sê toeroperateurs in die toeristebedryf vrees grootskaalse kansellasies van besprekings deur Amerikaners.

Volgens Paetzold het een operateur meer as N$20 miljoen se bevestigde besprekings deur Amerikaanse toeriste vir Augustus en September en vrees soos wat die regulasies tans bewoord is, sal al die besprekings gekanselleer word.

“Dit is die enigste mark wat die laaste twee maande redelike besigheid vir Namibië skep.” Sy sê dié toeroperateur het teen elfuur gisteroggend al N$4 miljoen se kansellasies gehad.

Die bedryf se taakspan vir toerismeherlewing is voornemens om met die regering oor die bewoording van die regulasie in gesprek te tree.

Volgens Paetzold moet dit lui: “Alle internasionale passasiers of reisigers wat Namibië binnekom of verlaat, moet ’n negatiewe PCR-toetsuitslag vir Covid-19 hê wat hoogstens 72 uur voor vertrek vanaf die aanvangspunt uitgereik is”.

Sy sê die probleem lê in die feit dat die regulasie so bewoord is dat die 72 uur op die eindbestemming betrekking het en nie op die dag waarop die toeris in sy of haar land op die vliegtuig klim vir die reis na Namibië nie.

“Suid-Afrika se regulasies werk so en ons voel Namibië moet dit ook hier van toepassing maak. Wanneer toeriste vlieg, is hulle in 'n reisborrel saam met ander passasiers wat almal negatief getoets het en maskers dra,” sê sy. - [email protected]

Soortgelyk

 

Uitstel van eksamens: Integriteit van eksamen, kwalifikasie moet beskerm...

1 uur gelede | Onderwys

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê dit het 'n wettige kontrak met Cambridge International om te verseker dat kredietwaardige eksamens geskryf word wat...

Styging van 56% in nuwe gevalle, 184 gister aangemeld

7 ure gelede | Gesondheid

Gister is 184 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 3,9% en 56% meer as die vorige dag. Die meeste gevalle is in Windhoek en...

Veldbrande woed al tien dae

20 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

20 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

20 ure gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

20 ure gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...

V5 Digital a forerunner in digital solutions

20 ure gelede | Tegnologie

Iréne-Mari van der WaltMore than three years ago, Armin Wieland founded his business, V5 Digital, after noticing that there was a lack of companies in...

Do it with passion or not at all

20 ure gelede | Howe

Desiree Gases Ngeendina Angula, born and raised in Greenwell, Windhoek, moved to Cape Town, South Africa, when she was 13 years old and lived there...

A love for engineering and airplanes

20 ure gelede | Vervoer

Wetumwene Shikage Describing her journey at Fly Namibia, Gabriela Kamaahene says the experience has been surreal. She says the company continuously grows and she...