Toerisme in vier O-streke in die kollig
Toerisme in vier O-streke in die kollig

Toerisme in vier O-streke in die kollig

Die Oshana-, Omusati-, Ohang­wena- en Oshikoto­streek se volle toerismepoten­siaal is nog nie ontgin nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) gaan eerskomende Saterdag van 10:00 tot 16:00 'n noordelike toerismeforum by die Namibia Lodge 200, wes van Oshakati, aanbied.

Toeristeroetes in die Noorde, wat insluit die Oshana-, Omusati, Ohangwena- en Oshikotostreek, sal bekyk word.

Volgens me. Gitta Paetzold, HAN se uitvoerende hoof, is die geleentheid nie net op HAN-lede en ver­skaffers van akkommodasie gemik nie, maar op almal wat in toerisme belang stel.

“Toerisme raak almal. Die afgelope dekade het al meer Namibiërs, veral in landelike gebiede in ­kommunale bewaringsgebiede, die toerisme­bedryf betree om 'n lewe daaruit te maak,” het Paetzold gesê.

“Tog is daar steeds baie onbenutte potensiaal in die bedryf in sekere dele van Namibië - veral op die gebied van kulturele toerisme. Die Namibiese toerismebedryf ignoreer na bewering die sentrale noordelike Namibië in hul toerisme-ontwikkelingsplanne.”

Hoofman Sameul Ankama, een van HAN se uitvoerende komiteelede en lodge-eienaar in die Noorde, het besluit om 'n platform vir besprekings van stapel te stuur, asook vir die uitruil van inligting en idees oor toerismegroei.

Rolspelers soos die voorsitter van die Toer- en Reisvereniging (Tasa) en die Federasie van Toerismeverenigings (Fenata) sal ook saam met HAN se voorsitter en uitvoerende komitee deel van die noordelike toerismeforum wees.

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Namibië Toerisme­raad (NTB) het ook hul volle ondersteuning aan dié forum gegee.

Paetzold sê HAN en sy vennote beoog om 'n lewendige debat te begin en gereelde sessies in die Noorde te lei sodat antwoorde op die volgende vrae gevind kan word:

- Wat lok toeriste na 'n bestemming?

- Wat verwag besoekers van diensverskaffers?

- Hoe word ons kulturele- en ­erfenisgebiede outentiek ontwikkel en bevorder?

- Wat behels 'n toeristeroete en verseker dat toeroperateurs sekere streke of gebiede teiken?

- Hoe belangrik is die ­voortdurende bemarking van 'n produk, plek en bestemming?

Belangstellendes moet voor Donderdag by HAN registreer. Toegang is gratis.

Verdere inligting is by die ­HAN-kantoor in Windhoek be­skikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!