Toerisme fokus op afvalbestuur

Konferensie by ekspo

06 June 2019 | Gebeure
Jana-Mari Smith – Afvalbestuur is dikwels die “stiefkind” van volhoubare toerisme en iets waarvan mense wegskram.

Só sê me. Hazel Milne van Eco Awards Namibia. Milne was een van die sprekers tydens die Tourism Network Conference wat gister by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) aangebied is.

Verskeie sprekers het die belangrikheid van volhoubare afvalbestuur in die bewaring van die omgewing beklemtoon om te verseker dat Namibië ‘n uitsoekbestemming vir toeriste bly. Die voordele van herverbruik en herwinning is ook bespreek.

Volgens Milne beskik sommige toerondernemings en ander instellings oor volhoubare afvalbestuurstelsels. Élke Namibiër kan egter iets aan die wêreldwye probleem van opeenhopende afval doen, sê sy.

Mnr. Prosper Mageza van die Toer- en Safarivereniging van Namibië (Tasa) sê dié organisasie moedig sy lede aan om volhoubare toerisme te beoefen. Dít hou nou met afvalbestuur verband.

“Skerp reisigers kies nou meer toerismebestemmings wat die omgewing bewaar eerder as om dit te beskadig,” sê Mageza.

Die afwesigheid van afvalbestuur, veral in nasionale parke, hou ‘n gevaar vir diere, die omgewing en mense in, het hy gewaarsku. Ter illustrasie het hy foto’s van opgehoopte afval in gewilde reisbestemmings soos die Etosha Nasionale Park met die gehoor gedeel.

“Die bedreiging is werklik, veral vir diere. Nie net in Etosha nie; dis oral waar ‘n mens gaan.”

Onvoldoende afvalbestuur kan ook die water, lug en grond besoedel en siektes versprei, sê Mageza.

MORS MINDER

‘n Studie wat in 2009 gedoen is, het getoon 55% van die afval wat by Kupferberg buite Windhoek gestort is, kon nie herwin word nie.

Hoewel herverbruik en herwinning belangrik is, is minder afval dus die beste toekomsplan, aldus Mageza.

“As ons meer afval kan verminder, het ons nie so baie om te herverbruik en herwin nie,” sê hy.

Mageza het verskeie stappe voorgestel wat die toerismebedryf kan doen om afvalbestuur proaktief te benader. Dit sluit in bewusmaking en aansporingsmaatreëls vir gaste en personeel om meer omgewingsverantwoordelik te wees.

Mnr. Daniel Kavishe, die groepekonoom van FNB Namibia, sê afval kan op innoverende maniere gebruik word om krag op te wek én dorpe skoon te hou.

“Daar is meer waaroor ons moet dink wanneer ons oor afval praat,” sê Kavishe.

Namibië se toerismebedryf steun op die land se natuurlike landskappe. Die bewaring daarvan is lewensbelangrik om groei in dié sektor te verseker, sê Kavishe.

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...