Toerisme blom
Toerisme blom

Toerisme blom

Verlede jaar was die beste in 'n dekade vir die bedryf en 2017 lyk selfs meer belowend.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die jaar 2016 is een van die mees suksesvolle en positiewe toerismejare vir Namibië tot dusver.

"Die Namibiese toerismebedryf het verlede jaar van die beste resultate in meer as 'n dekade ervaar met deurgaanse akkommodasiebesetting van 60% vir die jaar," sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold.

Die kusstreek het hul algehele gemiddeld oortref en het die beste van alle streke gevaar met akkommodasiebesetting op 'n gemiddeld van 62% vir 2016.

"Swakopmund het merkbare groei in beskikbare akkommodasie vir 2015 getoon en het honderde bykomende beddens bygevoeg tot 'n reeds ruim aanbod van akkommodasie by die kus," verduidelik Paetzold.

Volgens haar is lodges, tentlodges en gastehuise steeds die gewildste akkommodasiegeriewe in Namibië, maar hotelle in Windhoek en langs die kus het ook goed gevaar. Akkommodasiegeriewe in Windhoek is gewild onder beide vakansie- en sakereisigers.

HAN baseer dié statistieke op die maandelikse verblyfsyfers wat hul lede verskaf.

"Die toerismebedryf is trots op die resultate wat bereik is en dit kom met harde werk en aansienlike beleggings in internasionale bemarkingspogings, asook insette in infrastruktuur en opleiding in die bedryf," sê Paetzold.

Volgens haar lyk 2017 belowend vir toerisme, indien nie beter nie, met 'n hoë aanvraag vir toerismedienste wat tans deur toerismeoperateurs verwerk word.

"Die resultate vir die eerste maand van 2017 wys reeds 'n verdere styging op die vorige jaar met 'n gemiddelde besetting van 45% in Januarie - 'n maand wat gewoonlik as die begin van Namibië se laeseisoen in toerisme beskou word," sê Paetzold.

"Hierdie neiging is veral belangrik vir Namibië in 'n tyd wanneer ander ekonomiese sektore soos visserye, landbou of mynbou moeilike tye ervaar."

Paetzold sê die Namibiese toerismebedryf is ten volle in staat daartoe om aan die vereistes en groeiende belangstelling van die internasionale reismark in Suidelike Afrika te voldoen en sien uit na selfs beter resultate in die komende jaar.

KOMMER OOR MISDAAD

Tog is die Namibiese toerismebedryf ten volle bewus van invloede van buite wat maklik dié prestasies kan beïnvloed.

"Onrusbarende berigte van stygende misdaadvlakke en veral brutale gewapende rooftogte by gastehuise en plekke wat onlangs deur toeriste by die kus besoek is, kan Namibië se geleentheid om teen die einde van die jaar die mees gesogte toeristebestemming in Afrika te word, vernietig," sê sy.

HAN meen nou is die tyd om saam te staan en die ernstige bedreiging van stygende misdaadvlakke by toerismeplekke stop te sit.

"Veiligheid en sekuriteit is sleutelfaktore tot vooruitgang" sê Paetzold.

"HAN doen 'n beroep op die Namibiese polisie, die Namibië Toerismeraad, die ministerie van die omgewing en toerisme en alle relevante regeringsowerhede om te verseker dat Namibië se omgewing bevorderlik vir toerismegroei en voorspoed bly".

Slegs dan sal Namibië sy doelwit kan bereik om die mees gesogte reisbestemming in Afrika te word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!