Toekoms lê in plantaardige 'vleis'

16 June 2020 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher

Dit sal verkeerd wees as die Covid-19-pandemie soveel aandag kry dat vergeet word van die veelvuldige ander uitdagings wat die mensdom in die gesig staar.

Dit bly 'n feit dat die wêreld nie in staat gaan bly om voldoende kos te produseer vir die groeiende bevolking nie. Middele en planne om hierdie uitdaging die hoof te bied word telkens ontwrig deur groeiende probleme, waarvan aardverwarming seker die belangrikste uitdaging bied. Al word chroniese hongersnood en voedsel­onsekerheid nou uitgelig as 'n gevolg van die teen-pandemie-maatreëls, is hierdie dilemma al lank met ons.

In 'n soeke van moontlikhede om voedselsekuriteit ná die pandemie weer op koers te kry, gaan die klem val op hoe die landbou kan aanpas.

Skadelike kweekhuisgasse as gevolg van voedselproduksie van dierlike oorsprong is hoog op die prioriteitslys en daar word reeds geraam dat die VSA alleen teen 2030 vir tot 70% van vleisverbruik van sogenaamde moderne produksiemetodes verantwoordelik sal wees. Na raming sal slegs 40% van globale vleisverbruik van konvensionele vleisoorsprong wees. Die produksiemetodes sluit nie beeste in nie!

Sogenaamde fermentasieplase sal die leweransiers word met werksgeleenthede vir ingenieurs, ontwerpers ensovoorts wat opgelei is om plaasvervangers vir rooivleis te ontwikkel en te produseer.

In die VSA alleen maak plaasvervangende vleis van plantaardige oorsprong slegs 0,2% uit van die totale produksie, maar wat veral belangrik is, is die eksponensiële groei van die plantaardige plaasvervangers.

Hoofsaaklik twee soorte nie-vleis plaasvervangers is van belang, naamlik vegan “vleis” van plantaardige oorsprong en die sogenaamde “in-vitro”, of selgebaseerde vleis. Vegan “vleis” wen baie vinnig veld en tegnologie wat hierdie “vleis” al hoe meer laat lyk en smaak soos die ware Jakob, ontwikkel teen rasse skrede.

Hierdie produkte lewer bepaald minder skadelike kweekhuisgasse op, maar plaas weer groot druk op energiebehoeftes. Daarmee saam moet sulke “vleis” ook heelwat aanvullings by kry om op dieselfde vlak te kom as rooivleis in terme van voedingswaarde.

Selgebaseerde vleis daarenteen is in 'n gevorderde staat van ontwikkeling. Die interessante is dat hierdie be­nadering tot vleisvervanging afhanklik bly van dierlike selle. Selle word onttrek en in 'n laboratorium gekweek om die spiermassa van vleis na te boots. Die tegnologie wat reeds beskikbaar is, lewer verstommende resultate en moedig diegene ten gunste daarvan aan om die ­tegnologie verder te ontwikkel.

As sodanig is hierdie ontwikkeling baie aantreklik vir beleggers soos Bill Gates. Die debatte gaan nou verder as om die vervanging van grondgebaseerde vleisproduksie met laboratoriumproduksie te vervang sodat minder skaars landbougrond vir diere beskikbaar gemaak hoef te word.

Minder vleisproduseerders op landbougrond, stel meer grond beskikbaar vir die produksie van grane wat meer mense kan kos gee, terwyl minder skadelike kweekhuisgasse vrygestel word.

Aardverwarming word ook so bekamp, is van die argumente wat al hoe meer veld wen. Andersyds is die landbousektor ook aktief aan die werk met nuwe maniere om diere meer produktief te maak, maar terselfdertyd kweekhuisgasproduksie te verminder. Hierdie pogings betrek die hele waardeketting, met klem op vermorsing.

Dit is tans moontlik om die uitkoms van produkte op verbruikersvlak so te bestuur deur verpakking so te kies dat dit vermorsing beperk. Kunsmatige intelligensie speel 'n al hoe groter rol in hierdie en verwante besluit­neming.

Groter klem op die verbruik van plaaslik geproduseerde produkte en om produkte in harmonie met seisoene te verbruik, sal uiteindelik die gang van handel in landbouprodukte verander.

Die vraag is hoe raak dit die boer op die plaas? Dit wat binne die grens­drade gebeur, word al hoe meer bepaal deur wat buite die plaas aan die gebeur is.

Die pandemie het almal gedwing om anders te dink en te doen. So kan byvoorbeeld aanvaar word dat die klassieke veilings van vee gaan afneem te midde van elektroniese verhandeling. Namate elektroniese vermoë toeneem in terme van bandwydte en die koste van data, gaan die verhandeling van vee en ander landbouprodukte verander.

Die koolstofspoor van produkte sal net so belangrik word as die voedingswaarde en veiligheid van die betrokke produkte. Die verbruiker gaan stem met sy voete.

Boere sal gewoon meer moet bestee om te kan voldoen, maar dit sal nie noodwendig tot beter pryse lei nie. Dit sal wel beter kontinuïteit verskaf.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

2 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

3 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

5 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

6 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

17 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

17 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...