Toegang tot inligting ’n demokratiese reg
Verteenwoordigers van ondernemings in staatsbesit, die regering en private organisasies is tans besig om die konsepwetsontwerp vir toegang tot inligting onder die loep te neem.
Die 48-bladsye lange wetsontwerp word hersien en sodra dit as wet uitgevaardig word, sal dit aan elke individu die reg van toegang gee tot inligting van openbare of private liggame wat openbare funksies verrig.
Die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, het Maandag tydens die amptelike opening van die raadplegingskonferensie in Windhoek, gesê die wetlike raamwerk moet nasionale vrede en veiligheid bevorder en terselfdertyd beweeglikheid verbeter. Dit moet wettig afdwingbare grense daarstel vir diegene wat hul reg van toegang tot inligting wil gebruik.
Volgens hom is toegang tot inligting in enige demokratiese bestel ’n reg wat regtens afdwingbaar moet wees.
Simataa het ook opgemerk dat ’n regsraamwerk vir toegang tot inligting belangrik vir die stryd teen korrupsie is. Boonop dien dit as ’n kragtige wapen wat gewone burgers kan gebruik om hul regering aanspreeklik te hou en waarmee hulle ten volle aan burgerlike en ontwikkelingsaktiwiteite deel kan neem.
Hy het bygevoeg dat wanneer die sekuriteit van ’n nasie in die gedrang kom, individue nie hul burgerlike vryhede kan uitoefen nie en ook nie op hul regte kan aandring, soos dit in die Grondwet vervat word nie.
Sodanige regte sluit in toegang tot inligting wat noodsaaklik vir ’n veilige en vreedsame staat is.
Die adjunkminister het gesê die wetsontwerp moet deeglik onder die loep geneem word om sekere bepalings, wat universeel is, uit te soek en te versterk. Hy het bygevoeg dat die regsraamwerk werklik die nasionale konteks in die land moet bevat.
“Ons het ’n regsraamwerk nodig wat die betrekkinge reguleer tussen die media en lede van die publiek wat inligting soek,” het hy gesê.
Hy het ook die hoop uitgespreek dat die raamwerk die konstante kritiek sal afweer oor die onwilligheid van die regering om inligting te verskaf en dat die raamwerk ’n ordelike kultuur sal skep waarbinne inligting gesoek kan word. “Dus kan huidige neigings verhinder word waardeur inligting op onetiese wyse verkry word,” het hy gesê.- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie