Toegang tot inligting is u2019n reg, nie u2019n voorreg
Toegang tot inligting is u2019n reg, nie u2019n voorreg

Toegang tot inligting is ’n reg, nie ’n voorreg

Tweya vra private sektor se hulp
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Vrye toegang tot inligting is ’n reg en nie ’n voorreg nie, aangesien dit onontbeerlik is vir die beskerming, bevordering en versterking van demokrasie en menseregte en ook die grondslag van volhoubare ontwikkeling vorm.

So het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Tjekero Tweya, Woensdag in ’n verklaring in die Nasionale Vergadering ter herdenking van die eerste internasionale dag vir universele toegang tot inligting gesê.

Hy het opnuut die versekering gegee dat die regering besig is om die wetsontwerp op vryheid tot inligting af te handel.

“Dit wys die regering se verbinding tot die versekering dat ons mense toegang tot inligting het ten einde betekenisvolle besluite en keuses oor hul lewens en lewensmiddele te maak,” het Tweya gesê.

Volgens hom sal die nuwe wetsontwerp sowel staats- as private instansies verplig om openbare inligting aan die publiek beskikbaar te stel ten einde dienslewering te verbeter, deursigtigheid en aanspreeklikheid te bevorder, korrupsie te beveg en die sosio­ëkonomiese welstand van Namibiërs te verbeter.

Tweya het ook op die 17de posisie uit 180 lande wêreldwyd en eerste posisie in Afrika op die indeks van mediavryheid deur Verslaggewers sonder Grense gewys. Dit is iets waarop die land trots kan wees en wat as aansporing moet dien om in die toekoms selfs beter te vaar, het hy gesê.

“Ons het nog ’n lang pad om te gaan wat toegang tot inligting betref aangesien sommige Namibiërs vanweë hul sosioëkonomiese omstandighede steeds nie toegang tot inligting het nie. Gevolglik wil die regering verseker dat die ontwikkeling van die infrastruktuur vir inligting-kommunikasietegnologie ’n prioriteit is ten einde toegang tot inligting te verseker.

“Ek het reeds verskeie kere aangedui dat in ag genome ons reg tot toegang tot inligting, dit met verantwoordelikhede gepaard gaan. Ons moet dus ons burgers aanmoedig om hierdie verantwoordelikheid uit te oefen ten einde die vrede en stabiliteit wat ons in die land geniet, te beskerm.

“As wetgewers moet ons verseker dat die mense wat ons dien, bemagtig is om deel te neem aan die ontwikkelingsprosesse in die land. Ons moet seker maak dat ons oor stelsels beskik om dit makliker vir mense te maak om toegang tot inligting te kry.

“Terwyl ons hierdie dag herdenk, moet ons ons medeburgers op plekke soos Schlip, Tsumkwe, Mangetti, Nehale ya Mpingana, Ondjora, Opuwo, Ohangwena en baie ander plekke onthou wat nie toegang tot inligting as gevolg van hul sosioëkonomiese status het nie.

“Hulle bly uitgesluit van toegang tot basiese inligting omdat hul plekke nie as ekonomies lewensvatbaar beskou word nie en hul gevolglik toegang tot inligting verbeur wat hul alledaagse lewens kon verbeter het,” het Tweya gesê.

Hy het ook daarop gewys dat 95 persent van die land toegang tot 2G mobiele dekking het, 30 persent tot 3G en 15 persent tot 4G. Altesaam 74,3 persent van die land het TV-ontvangs,­ 78 persent het radio-ontvangs­ en 13 persent van die land het internet-dekking.

Hy het die private sektor versoek om aan te sluit en die regering se hand te vat met die ontwikkeling van die infrastruktuur­ ten einde 100 persent dekking ’n werklikheid te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!