Tjokkerfoto van 2003 word suksesverhaal

Min mense sou straks die hoogtes sien kom wat Eros Laerskool se tjokkertjies van 17 jaar gelede behaal het.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - As daar in enige era al twee Namibiese rugbyspelers wie se pad boontoe so lank saam-saam geloop het as Justin Newman en Johan Retief, sal dit inderdaad merkwaardig wees.

Die twee jong boorlinge van 1995 is nog maar onderskeidelik 25 en 24 jaar oud, maar hulle was van hul laerskooldae af tot nou onafskeidbaar op elke nuwe vlak van hul loopbane.

’n Ou foto van Eros Laerskool se tjokkerspannetjie van 2003 is die afgelope week op die Luiperds-rugbyunie se Instagram-blad gelaai met die onderskrif: “Drie van hierdie spelers het voortgegaan om die Luiperds, asook die Namibiese Wêreldbekerspan van 2019 te verteenwoordig. Kan jy hulle uitken?”

Die haker Louis van der Westhuizen is die derde speler op die foto, asook die huidige Namibiese nasionale krieketkaptein, Gerhard Erasmus, wat destyds as skrumskakel diens gedoen het.

Van der Westhuizen en Erasmus het ná hul Eros-dae na Windhoek Hoërskool aanbeweeg, terwyl Newman en Retief hulle by Windhoek Gimnasium aangesluit het.

Newman en Retief het in hul graad 11- en matriekjare albei die eerste span gehaal en ook die Namibiese o.18-span by die Cravenweektoernooie verteenwoordig (2012 in Port Elizabeth en 2013 in Polokwane). Beide het uiteindelik vyftig wedstryde of meer vir Windhoek Gimnasium se Leeus gespeel.

Ná matriek het Newman, ’n senter, en Retief, ’n agtsteman wat later toenemend in ’n slot ontwikkel het, sowat twee jaar saam by die Haaie Rugby-akademie deurgebring en hul klubrugby vir Durban Collegians gespeel.

Vir die volgende paar jaar het die Noordwes-Universiteit hul volgende gesamentlike rugbytuiste geword. Gedurende hierdie leerskool van studenterugby in die Varsitybeker is hulle herenig met Van der Westhuizen, wat op Potchefstroom die bynaam “Chucky” verkry het. Laasgenoemde het later ook die Pukke as kaptein aangevoer.

Gedurende 2014 (Hongkong) en 2015 (Portugal) het dié drietal die Namibiese span by die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooie verteenwoordig. Dié deelname was te danke aan Namibië se oorwinnings in die kwalifiserende Afrika-toernooie, wat vooraf onderskeidelik in Nelspruit en in Windhoek aangebied was.

Op Potchefstroom het al drie intussen ook deurgebreek om provinsiale rugby vir die Luiperds te speel.

Newman en Retief se debuut vir die Namibiese toetsspan het ook saam-saam tydens die Junie 2017-toer na Uruguay vir die Wêreldrugby Nasiesbeker aangebreek.

Afrigter Phil Davies het eerste vir Retief as ’n plaasvervanger teen Spanje opgestuur, voordat Newman ’n week later in die 13-trui langs Darryl de la Harpe sy buiging teen Rusland gemaak het.

Beide het ook die 2019 Wêreldbeker-toergroep na Japan gehaal, nadat hulle die vorige jaar ook in die kwalifiserende veldtog teen Afrika-opposisie betrokke was.

Hoewel hulle met tye hul beurt moes afwag ten gunste van die meer gevestigde lede van die Namibiese span, het albei in minstens twee WB-toetse speelkans gekry. Newman was teen Italië en Nieu-Seeland in die opdrafspan, terwyl Retief teen Italië en die Springbokke begin het en later teen die All Blacks opgestuur is.

Vanweë PJ van Lill se beenbesering was Retief ook gekies om die laaste wedstryd teen Kanada as Tjiuee Uanivi se slotmaat te begin, maar die dodelike en verwoestende Tifoon Hagibis het tot die kansellasie gelei en het Namibië sy hoopvolle kans ontneem om sy geskiedkundige eerste wedstryd by ’n Wêreldbeker te probeer wen.

Tot sover het Newman vyf drieë in sy 16 toetse gedruk, terwyl Retief (tien toetse) en Van der Westhuizen (21 toetse) ook behoorlik uitgestyg het ná hul begindae van tjokkerrugby by Eros Laerskool.

As individue weg van die rugbyveld het Retief en Van der Westhuizen ook beide in hul skooldae op die stoeimat uitgeblink, deur goue medaljes in hul gewigsklas by Suid-Afrikaanse nasionale stoeikampioenskappe te verower. Dit was in die dae van mnr. Ernst Venzke as afrigter van

NUWE SEISOEN ... WAG EERS

Met alle georganiseerde sportbedrywighede in Namibië en Suid-Afrika beide tans ingeperk weens die viruspandemie, is daar nog geen aanduiding wanneer veral rugbyspelers hulle weer behoorlik sal kan uitleef nie.

• Newman het in 2019 afgestudeer as sportwetenskaplike by die Pukke. Hy is terug in Windhoek en beoog om by ’n premierliga-klub aan te sluit, maar het nog nie sy besluit bekend gemaak nie.

• Retief is steeds as student aan die Pukke verbonde en by die Luiperds gekontrakteer.

• Van der Westhuizen, wat ook in die 2015 Wêreldbekerspan was, het in November ’n tweejaarkontrak by die Blou Bulle onderteken ter voorbereiding op Superrugby, wat ook intussen halt geroep het.

• Gerhard Erasmus, wat reeds sedert 2011 eersterangse krieket speel, het in Maart verlede jaar die kapteinskap van die nasionale Eagles by Jan Frylinck oorgeneem.

As kolwer en kaptein was Erasmus sedertdien ’n sleutelspeler in twee gróót deurbrake vir Namibië: die herwinning van internasionale eendagstatus, asook hul geskiedkundige eerste kwalifisering vir die T20 Wêreldbekertoernooi wat vir later vanjaar in Australië bestem is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49%