Tjiueza lei Baba-Warriors tot wegholsege

Sokker
Die spankaptein Prince Tjiueza het gister vier doele behaal in die Baba-Warriors se oortuigende sege met 8-3 teen Seychelle, maar afrigter Paul Malembu het almal herinner om koelkop te bly voordat Namibië môre die gasheerspan in die 2018 Cosafa onder 17-kampioenskap se groep A aandurf.

Nadat Namibië verlede jaar afwesig was en dus nie sy titel van 2016 kon verdedig nie, het Malembu se span gister in Mauritius sy openingswedstryd van die Suidelike Afrika streektoernooi met sy grootste oorwinning in die geskiedenis oorheers.

Vanjaar se toernooi dien om die wenner vir die Afrika o.17-kampioenskap volgende jaar in Tanzanië te laat kwalifiseer.

Benewens Tjiueza se vier doele het Tyrin George ’n driekuns behaal en Edmar Kamatuka het ook ’n doel behaal.

Agterna het afrigter Paul Malembu bendruk dat die span nie meegevoer moet raak voordat hy sy eerste doelwit bereik het om die semifinaal te haal nie.

“Ons het nog niks bereik om oor fees te vier nie. Ja, ons het doelkanse geskep, maar die afronding was nie altyd skerp nie.

“Ons moet nou vir die volgende wedstryd gereed wees – en dis teen die gasheerland se span. Eers daarna kan ons kyk hoe naby ons aan die halfeindronde is.

“Die seuns moet verstaan hulle is hier om hulself te geniet en geen druk behoort op hulle geplaas te word om die volgende ronde te haal nie. ’n Oorwinning bring jou nader daaraan om outomaties deur te dring, maar dit bly belangrik om jouself in jou spel uit te leef.”

Malembu, wat tevore vir Rundu Chiefs afgerig het, voeg by dat die o.17 Cosafa-toernooi vanjaar ekstra spesiaal is vanweë die kans om ’n plek na verdere eer op die kontinent en internasionaal oop te speel.

“Die kompetisie word groter en groter en daar is baie op die spel. Ons moet nie kop verloor nie. Ja, uiteraard was dit ’n indrukwekkende oorwinning, maar ons bly gefokus.”

’n Gekweste span van Mauritius wag môre, nadat hulle gister met 1-0 teen Botswana verloor het.

Namibië se laaste wedstryd in groep A sal Dinsdag teen Botswana wees.

Groep B bestaan uit Suid-Afrika, Lesotho, Zambië en Mosambiek, terwyl groep C deur Angola, Swaziland, Malawi en Zimbabwe gevul word.

Die semifinale word op 27 Julie tussen groepwenners A en C, asook groepwenner B teen die beste tweede plek gespeel. Die eindstryd is twee dae later.

Die Namibiese o.17-span is: Doelwagters: Utupuka Kavita, Ikuaterua Mungendje. Verdedigers: Tjpenandjambi Kaputjaza, Promise Gurirab, Vincenco Ganeb, Bradley Hanixab, Thomas Bantam, Aidyn Eiseb, Giagino Geiriseb. Middelveldspelers: Steven Damaseb, Esegiel Katjirijova, Prins Tjiueza, Tyrin George, Ndjiharine Katjivena, Penouua Kandjii, Edmar Kamatuka. Voorspelers: Jahrule Awaseb, Gonzales Tsubeb, Friedman Goraseb, Djorkaef Stein. - NFA.org.na/Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!