Tjihonge opgewonde ná CAF-kursus
Sokker
Die Brave Warriors se voormalige doelwagter Ephraim Tjihonge het vroeër vandeesmaand die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se instrukteurskursus vir doelwagters in Yaoundé, Kameroen bygewoon.
Die tema van die kursus was om spelers vanaf 'n jong ouderdom die aspekte van doelwagterspel te kan leer en om hulle met die tegniese vaardighede vir die moderne spel toe te rus.
Tjihonge, wat vanaf 2003 tot 2014 wedstryde vir die nasionale sokkerspan gespeel het, het sy klubloopbaan by Black Africa begin en het later ook in Suid-Afrika vir klubs soos Black Leopards en African Warriors gespeel.
Hy was verheug om deel van die kursus te kon wees en het die Namibiese Sokkervereniging (NSV) vir die geleentheid bedank.
“Die kursus was ongelooflik en ek het my tussen die bekendste oudspelers in Afrika-sokker soos Tony Sylva van Senegal bevind. Ek het heelwat nuwe dinge geleer, veral oefentegnieke wat ons kan toepas. Doelwagterspel is oral dieselfde, dis net die manier hoe jy dit interpreteer.”
Tjihonge hoop dat hy ná die kursus die geleenthede sal kry om sy nuwe kennis te kan toepas en met andere te deel – veral onder die vaandel van die NSV wat vir hom die kans geskep het. Hy sal graag by 'n opknappingskursus vir doelwagters betrokke wil wees, terwyl geen groot sokker tans in die land gespeel word nie.
Sy advies aan jong spelers wat in sy voetspore wil volg, is om die gewoontes van harde werk, dissipline, toewyding en doelgerigtheid aan te leer. – NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie