Tina is toeris van die jaar!
Me. Tina Haulyondjama (tweede van links) is Saterdag by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) as die Toeris van die Jaar 2020 aangewys. Sy en haar reisgenoot Israel het by Kanaan Lodge van N/a'an ku sê gaan kuier en haar reisvideo is uit die vyf finaliste as wenner aangewys. Die vyf finaliste moes hul reiservarings verfilm en uitsaai wat moontlik gemaak is deur Vivo Energy, die Shell-brandstofverskaffer. Hier vier hulle hul sege by N/a'an ku sê se stalletjie by die NTE. Foto Xavier Peters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie