Tigers verwag naweek van sesse
Krieket
Tielman van Lill – Die krieketklub CCD Tigers bied vanaf vandag tot Sondag sy eerste ses-aan-’n-kant toernooi by sy veld in Pionierspark aan, waaraan agt spanne gaan deelneem.
Die toernooi wat deels as ’n geldsinsamelingsprojek vir die Tiere dien, word deur spanne van al die prominente klubs ondersteun en beloof dus uiters opwindende boul- en kolfwerk om die terugkeer van kompeterende sport ná die nasionale inperking uitbundig te vier.
Veral met die nasionale Eagles-spelers sal vir hul onderskeie klubs die wilgerlat wil inlê en dus sal daar geen tekort aan strawwe mededinging, aanskoulike stukkies spel en reuse-sesse wees nie – selfs sonder Samsung FNB Wanderers wat sy span eergister onttrek het.
Vandag se aksie skop met twee blitsbotsings om 16:00 by Tiger-park af. Môreoggend agtuur hervat die kompetisie in alle erns en Sondag sal die uitklopwedstryde en finaal beslis word. Kos en drinkgoed sal deurgans by die Tiere-kantien gekoop kan word.
In groep A sal Tigers, WHS Old Boys II, Trustco United en Zebras sake uitspook, terwyl United II, WHS Old Boys, Zebras II en Tigers II in groep B mekaar die stryd op ’n rondomtaliegrondslag sal aansê. Elke span kry maksimum 25 minute om sy toegelate vyf boulbeurte wat uit ses aflewerings bestaan, te boul.
’n Interessante puntestelsel sal in die rondomtalieronde gebruik word om spanne se posisie vir die uitspeelronde te bepaal.
Elke lopie tel ’n punt, maar vyf punte word by die span se totaal afgetrek vir elke paaltjie wat in die kolfspan se beurt geval het. ’n Sege verseker ’n span vyf punte, terwyl die verloorspan twee punte aanteken. ’n Gelykop-uitslag tel drie punte vir beide spanne.
As voorbeeld: Span A eindig op 75/3. Dis 75 punte, minus 15 punte vir drie kolwers uit, vir die bruto 60 punte, plus vyf punte vir die oorwinning = groottotaal 65.
Span B eindig op 60/5. 60 punte, minus 25 punte vir vyf kolwers uit gehaal = bruto 35 punte, plus twee verloorpunte = groottotaal 37.
Vanmiddag om vieruur skop United 1 teen Zebras 1 af, gevolg deur Tigers 1 tn WHS 2.
Tigers vra: “Kom ondersteun ons asseblief vir ’n goeie doel. Ons samel geld in vir ons klub en ontwikkelingsakademie om krieket te bevorder. Krieket is ’n familiesport en is nie net vir ’n uitgelese groepie beskore nie. Dit sal ’n naweek vol pret en opwindende krieket wees!”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie